Blogargief
-
▼
2023
(215)
-
▼
Augustus
(35)
- Onvoorwaardelik
- Staan vas in Christus
- Onvoorwaardelike vertroue
- Liefde
- God, ons enigste Helper
- Hy hoor jou
- Watter plek is Syne?
- Hoe lyk jy vrou
- Die woorde van jou mond
- Sekelmaan se vriendin
- Nooit alleen ...
- Mankind
- 'n Wag voor jou mond!
- Waar is my krag?
- Kruisdraers
- Richtersveld se berge
- Dit mag met jou goed gaan ...
- Kunstenaar die wind
- Ons God KAN!
- Tannie Ellie ... ek het Jakopregop-saad geplant
- Wat is jou afgod?
- Hy sorg vir ons, een dag op 'n slag.
- Gee oor en vertrou
- My woorde
- Leef in vrede, wees geseënd.
- Van smeltkroes na oorvloed!
- Totale afhanklikheid van God.
- Twee kruike
- Wen-wen met Christus!
- Waarmee is ons besig?
- Oupa maan se maag
- Wie is jou Baas?
- God kan 'n gemors verander in 'n getuienis!
- Volstruis dans met die wind
- God wil jou skuiling wees
-
▼
Augustus
(35)
Dinsdag 01 Augustus 2023
Volstruis dans met die wind
Dit is Augustus
die maand van die wind
maar wind se danslus
het vroeg begin
tussen die duine
van die Naukluft
het hy sy riel getrap
‘n hewige stofwolk opgeskop
nou wat sal my keer
my volstruis se kind
om ook my riel
hier voor die duin
te trap
die kotiljons
te dans dat
die klippe so spat
dan wind af koers te kry
voor die wind
stof in my oë kan skop
met sy wilde dans
waarmee hy die duine
omklits dat die stof boë
so staan
alles in duisternis laat
dat ek byna nie kan sien
waar my wyfie
skuiling hou
die wind se dans
wat haar nou
vir my byna onsigbaar maak
maar ek dans en ek trap
en ek draf wind af
want by my vrou
wil ek kom
voor wind haar
in sy stof begraaf …
© Marsofine Krynauw
By Marsofine Krynauw
Skryf 'n droom ... Blog van Marsofine Krynauw Skrywer/Digter
at
Augustus 01, 2023

Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Die tong ... jou gevaarlikste wapen
Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...

-
Goeiedag Vriende, Pragtige somersdag in Windhoek, wat die vyand baie hard probeer het om vir my om te krap. Tog het ons Vader net weer inget...
-
Goeiedag Vriende, Ek hoop julle het almal die naweek die blomme geniet. Hier by ons is die weer heerlik, en ons kla nie al weet ons dit is...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking