Dinsdag 30 Mei 2023

Samesyn

 


Wat is daar beter

om die koue te verdryf

as geeltong vlamme van ‘n vuur

en die nektaar van die druif

samesyn

wyl jy die donker rooi vloeistof

in jou mond

volrond

spoel

die koestering van die hitte

oor jou arms en lyf voel

langs jou jou maat

deur goed en deur kwaad

binne in jou

‘n dankbare hart

vir samesyn

met vlamme en wyn

en genade in groot maat

uit ‘n Vader hart

wat net oorvloed ken.

© Marsofine Krynauw

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Die tong ... jou gevaarlikste wapen

Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...