Blogargief
-
▼
2023
(215)
-
▼
Augustus
(35)
- Onvoorwaardelik
- Staan vas in Christus
- Onvoorwaardelike vertroue
- Liefde
- God, ons enigste Helper
- Hy hoor jou
- Watter plek is Syne?
- Hoe lyk jy vrou
- Die woorde van jou mond
- Sekelmaan se vriendin
- Nooit alleen ...
- Mankind
- 'n Wag voor jou mond!
- Waar is my krag?
- Kruisdraers
- Richtersveld se berge
- Dit mag met jou goed gaan ...
- Kunstenaar die wind
- Ons God KAN!
- Tannie Ellie ... ek het Jakopregop-saad geplant
- Wat is jou afgod?
- Hy sorg vir ons, een dag op 'n slag.
- Gee oor en vertrou
- My woorde
- Leef in vrede, wees geseënd.
- Van smeltkroes na oorvloed!
- Totale afhanklikheid van God.
- Twee kruike
- Wen-wen met Christus!
- Waarmee is ons besig?
- Oupa maan se maag
- Wie is jou Baas?
- God kan 'n gemors verander in 'n getuienis!
- Volstruis dans met die wind
- God wil jou skuiling wees
-
▼
Augustus
(35)
Dinsdag 22 Augustus 2023
'n Wag voor jou mond!
Môre, môre Vriende, alles wel met julle? By my gaan dit goed en dit is ‘n pragtige Lentedag. Daar is kleur in my tuin en dan is my hart bly. Geniet die foto wat ek plaas van my klein vreugdes in my tuin baie.
Vanoggend het een van die pastore waarna ek luister weer my kom aankla met die woord wat hy gebring het en ek weet daar is min van ons vir wie dit nie ‘n teregwysing sal wees nie, daarom deel ek dit met julle.
Dit gaan oor ons wat te vinnig praat soms. Daardie keer wat jy praat voor jy dink. Die keer wat jy mond vinniger as jou brein is. Dan wanneer jy klaar daardie woorde uitgespoeg het, weet jy dadelik dat jy nou ‘n baie groot fout gemaak het.
Jy sien dit aan die persoon vir wie jy wat ook al gesê het se gesig en se hele houding dat hierdie woorde van jou nou net vernietig het. Seer gemaak het, afgebreek het.
Die slegte ding daarvan is, jy kan dit nooit terugneem nie, jy kan dit nie terug trek nie, dit is vir ewig daar.
Dan kom Dawid en hy lyk of hy dieselfde probleem as ons het en hy vra in Psalm 141 ons Vader om hom te help.
Psalm 141
3 Here, stel 'n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.
Vandag moet ons dink aan die dinge wat ons so maklik by ons mond laat uitkom. Is dit opbouend, het dit enige waarde vir ons Vader se koninkryk, of sê ons dit net om onsself te laat beter voel al krenk ons die ander persoon se gevoelens.
Dit is veral ons baie reguit mense, waarvan ek een is, wat te vinnig praat. Gelukkig het ons Vader en sy Gees my al geleer om te dink. Dit is glad nie te sê dat ek nie nog soms te vinnig praat nie.
Laat ons leer om net ‘n paar sekondes te dink voor ons praat, want die verkeerde woorde wat ons spreek breek ons Vader se koninkryk af. Ons as kinders van God word anders gemeet as die wêreld se kinders. Laat ons dit onthou.
Wanneer jy voel jy wil sommer reguit vir hierdie persoon aanpraat of sê wat jy voel hulle moet hoor en jy besef dit gaan net skade doen, bid liewer in jou hart vir daardie persoon. Bid liewer dat wat ook al die persoon verkeerd doen die Vader dit sal wegneem of verander.
Ek het gisteraand ‘n prentjie geplaas met die woorde: ‘I am not in control, but I am deeply in love with the One who is’. Laat ons dit aan ons Vader oorlaat om mense te help, te verander, aan te praat, want daardie reg kom net Hom toe.
Laat ons altyd onthou hoe Jesus vir die menigte gevra het toe hulle die vrou in egbreuk betrap het: ‘Die een wat geen sonde het nie, laat hom die eerste klip gooi’.
Ons is die spieël hier op aarde waarin mense wat nie ons Vader ken nie, Jesus se liefde moet sien. Kom ons onthou dit asseblief.
En as dinge of ‘n persoon se optrede heeltemal jou hare laat regopstaan, neem jouself uit die situasie en bid.
By Marsofine Krynauw
Skryf 'n droom ... Blog van Marsofine Krynauw Skrywer/Digter
at
Augustus 22, 2023

Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Die tong ... jou gevaarlikste wapen
Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...

-
Goeiedag Vriende, Pragtige somersdag in Windhoek, wat die vyand baie hard probeer het om vir my om te krap. Tog het ons Vader net weer inget...
-
Goeiedag Vriende, Ek hoop julle het almal die naweek die blomme geniet. Hier by ons is die weer heerlik, en ons kla nie al weet ons dit is...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking