Heel ongemerk
het winter sterk
sy kloue in kom slaan
herfs wou nou talm
sy blare lui-lui na benede laat warrel
toe winter hom in sy spore stuut
hom nie aan warrelende blare steur
die aarde vashou in sy greep
sy koue asem
hard en ver oor berge en heuwels blaas
soos eter deur elke aar, skeur en oppervlak dring
tot op die been
al die somerson herinneringe verkluim
binne die ure van ‘n enkele dag
tog so met voel of ek in Antartika staan
is daar dankbaarheid in my hart
vir ‘n woning en ‘n warm bed
‘n stomende koppie koffie
wat my van binne af ontdooi
vra ek ons Vader om met die te wees
wat in hierdie gure kloue van winter
vasgevang is sonder huis of haart …
© Marsofine Krynauw
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking