aan
die indigo hemel hang
die
maan se wit bal
tussen
die sterre val
tot
laag oor die horison
sy
silwer baan magies
‘n weerkaatsing
op die
blou
water raak
kom
vind sy vrede
op ‘n
plat-
rots
waar
die golfies
in wit
skuim om haar voete breek
vou
sy die verlange
na dit
wat was
toe
in haar hande
raak
dit ongedaan
na ‘n
lang-lang wag
op
geluk en vrede
sluit
sy haar oë
sny
sy haar finaal van haar verlede af
sien
sy haar toekoms
oë
wat tot diep in haar siel kyk
woorde
wat sag oor haar hart streel
lippe
wat dorstig van hare drink
hande
wat teer haar gesig omvou
arms
wat haar dig aan sy hart druk
voel
sy die polsslag van sy hart
in
ritme met hare klop
soos
die ritme van die branders teen die rotse
voel
sy veilig en geborge
geliefde
en bemind
weet
sy
sy
het die ander helfte
van
haar hartklop gevind …
©
Marsofine Krynauw
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking