Spore
Spore wat ons trap
spore agtergelaat
spore teen ʼn Namib rooiduin se sand
spore teen die rante van Namakwaland
spore oor die son, sterre en maan
spore van die liefde agtergelaat
en oor sovele ander dinge
wat sovele sal verstaan
spore in die nag
spore in die dag
spore regoor die Namib
ook oor Namakwaland
oor die gemsbok en die blommeprag
al hierdie spore en meer het ek getrap
kom stap nou saam op my spore
en vind dalk jou eie daar ...
In hierdie digbundel Spore deel ek die lief en leed van
mense om my, die natuur soos ek dit ervaar en ander lewenservarings deur my verse. Dit vertel van spore getrap in Namakwaland tot in die land van sand, Namibie, waar ek al jare woon. Ek vertrou dat elkeen wat dit lees, iets sal vind wat vir hul kosbaar
is.
Beskikbaar by Malherbe Uitgewers, www.malherbe-uitgewers.co.za, of bestel per e-pos by sales@malherbe-uitgewers.co.za of op Amazon indien jy iewers oorsee woon.
Pragtig
AntwoordVee uit