Tina Turner gebore Annie Anna Bullock in Tennessee in November 1939, is vandag in die ouderdom van 83 oorlede in Zürich, Switserland.
Sy was 'n legende, sy was soos sy in haar liedjie 'The Best' gesing het, die beste en het tot op die ouderdom van 73. Haar laaste toer het op 5 Mei, 2009 in Engeland geëindig.
'n Maklike lewe het sy beslis nie gehad nie. Sy kom uit 'n arm familie en is deur Ike Turner haar eerste man ontdek. Tog is dit ook hy wat haar gedurende hul huwelik mishandel, verkrag en sielkundig afgebreek het. Een aand in 1976, nadat Ike in Dallas aangekom het om hulle toer te begin, het hy haar verskriklik aangerand in die limo op pad na hul hotel. Sy het gewag totdat hy slaap, haar donkerbril opgesit om haar gekneusde gesig te verberg, en met net 36 sent in haar sak ontsnap van Ike Turner. Sy is in 1978 van hom geskei.
'n Prokureurs vriend van haar het vir haar 'n vliegtuigkaartjie gekoop om terug te gaan na Los Angeles. Daar het sy as skoonmaakster gewerk om haar huur te kan betaal en aan die lewe te bly.
Daarna het sy begin om aan haar solo loopbaan te werk deur kabaret vertonings te lewer in Las Vegas. In 1984 maak sy die grootste terugkeer ooit in Pop geskiedenis, met haar Private Dancer-album en word sy een van die wêreld se grootste sterre.
Daarna was daar geen keer aan Tina Turner nie. Sy was bekend nie net vir haar stem nie, maar ook vir haar mooi bene en pragtige lyf. Sy het haar gehore vermaak met haar lewendige danspassies.
Van haar grootste treffers is River Deep and Mountain High, The Best, Proud Mary, Steamy windows, What's love got to do with it, Private Dancer, On Silent Wings en vele ander.
Sy en Erwin Bach, haar man was vanaf 1986 saam en is in 2013 getroud. Hulle samesyn was een van die langdurigste romanse in die geskiedenis van Rock musiek.
Ek is 'n baie groot aanhanger van haar musiek en het die voorreg gehad om haar konsent op Ellis Park jare gelede te kon gaan sien. Die groot Tina Turner was letterlik drie meter van waar ek gestaan het op die loopplank. Die volgende oggend was my stem weg soos ek saam gesing het. Wat 'n wonderlike herinnering.
Sy was voorwaar 'n vrou wat nie toegelaat het dat terugslae haar onderkry nie, maar het opgestaan en net harde terug geveg. Een van die min sangeresse wie baie mense so lank hul leef sal onthou.
Rus in vrede, Tina.

(c) Marsofine Krynauw
Bronne: https://hollywoodlife.com/
https://www.google.com/search?q=tina+turner+the+queen+of+rock
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking