Maandag 22 Mei 2023

Trane van vreugde


Daar is trane op haar wange

hierdie keer nie van verlang

maar vreugde ongekend

vir jare het sy hierdie stem

nie gehoor

‘n herinnering aan ‘n droom

‘n droom om ander

se drome werklik te maak

soveel blydskaps trane

het sy al laat vloei

soveel harte al laat blom

met haar omgee

en geloof

in die skrywer en digter met ‘n droom

nou vandag

heel onverwag

flits die beeld voor haar verby

van ‘n skrywer

van so lank gelee

en wyl sy staar

hoor sy die stem

die stem van ‘n vrou

wie se droom sy kon vervolmaak

die eerste tree

op die leer wat haar

na haar eie drome sou vat …

in ongeloof luister sy

val daar meteens ‘n enkel traan

hier aan die einde van die dag

van blydskap vir ‘n droom

waarvoor sy nog baie trane sal stort

om ander te kan hoor lag …

© Marsofine Krynauw

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Die tong ... jou gevaarlikste wapen

Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...