Goeiemôre Vriende,
Hier by my is alles vredig en stil, ek hoor die voëltjies in my tuin gesels, en sien deur my venster hoe die bure se katjie in my groentetuin speel. Hulle het nie bome en tuin nie, so hy kom kuier elke dag in my tuin om die skoenlappers te jaag en boom te klim en net homself te geniet. Dit is nou totdat my twee katte agterkom dat daar ‘n vreemdeling in hulle tuin kuier. Dan sien jy net ‘n swart en wit streep soos hy teen die boom op hardloop en oor die muur spring.
Vanoggend wil ek oor herstel gesels. Herstelwerk is iets wat ons boere goed ken en meeste van die tyd self doen. As die trekker stukkende is, sal jy dit self probeer reg maak. Ek het al telkens gehoor hoe my eie broer wat daar in Lutzville boer, vertel hy het een of ander part gemaak wat nou weer gebreek het op die ploeg of eg of waar ook al. Net die onderdele wat hy werklik nie kan self maak nie word aangekoop. Want ons weet almal dat met ‘n boerdery moet jy jou sente omdraai.
In ons lewens breek daar baie male baie belangrike onderdele in ons. Ons is mense met emosies, gevoelens. Soms word ons vertroue gebreek, soms ons harte, soms ons word ons hele lewe uitmekaar gebreek deur die verlies van ‘n geliefde of selfs deur die manier wat iemand wat ons liefhet optree.
Meeste van die tyd probeer ons ook soos die boere, hierdie breek self herstel. Ons dink alles is weer heel en reg. Dan een dag wanneer jy dit die minste verwag kom al die wiele af en alles val uitmekaar – een groot gemors.
Vir ons as kinders van God is daar net Een wie ons kan herstel. Werklik kan heelmaak, werklik weer aanmekaar kan sit met Sy liefde en genade. Hy is die enigste een wat weet hoe, Hy het ons geskape. Hy weet wat ons dink, hoe ons voel, wat stukkend is.
Koning Asaf het in Psalm 80 ook dit besef. Nadat alles so verkeerd gegaan het, pleit hy by God:
Psalm 80:4 o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
8 o God van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
20 o Here, God van die leërskare, herstel ons; laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!
Ons is soms baie onverskillig met ons eie lewens en laat dit so uitmekaar breek omdat ons nie in ons Vader se wee wandel nie. Omdat ons Hom nie ken as ons ‘n lewensmaat soek nie. Omdat ons Hom nie ken in ons vriendskappe nie. Omdat ons Hom nie ken as ons ons kinders opvoed nie. Hy is net altyd daar en Sy uitnodiging staan elke dag. Kom na My toe …
In Hosea se tyd het Israel ook so voortdurend hulle eie kop gevolg. Gesondig meer sonder ophou. God se hart so bedroef. Hy het bly pleit by hulle om terug te kom na Hom. Soms het Hy vir hulle kwaad geword en hulle gestaf. Keer op keer het hulle net weer Sy liefde en guns verwerp. Tog kyk net hoe lyk ons God se Vader hart.
HOSEA 11
My liefde brand te sterk
1Toe Israel nog 'n kind was, het Ek hom al liefgehad, en Ek het hom, my seun, uit Egipte geroep.
2Maar toe die Baäls hulle roep, het Israel My verlaat en vir die Baäls gaan offer, vir afgodsbeelde offers gebring.
3Ek self het Efraim leer loop, Ek het hulle op my arms gedra, maar hulle wou nie erken dat dit Ek is wat vir hulle sorg nie.
4Ek het hulle met sorg en liefde gelei, Ek was vir hulle soos iemand wat die juk oplig as dit sy trekdier skaaf. Ek het na Efraim toe afgebuk en hom gereeld kos gegee, 5want Ek wou nie hê dat hy weer na Egipte toe moet teruggaan nie of dat Assirië oor hom moet heers nie. Maar Efraim het geweier om hom te bekeer.
6Daarom sal sy stede deur oorlog verwoes word en sy waarsêers uitgeroei word. Hulle sal deur die oorlog verteer word oor die raad wat hulle gegee het. 7Omdat my volk My verlaat het, sal party van hulle opgehang word en die ander sal die slawejuk moet dra, 'n juk wat nie afgegooi sal word nie!
8Maar hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Hoe kan Ek jou laat vaar, Israel? Hoe kan Ek jou vernietig soos Adma, met jou maak soos met Sebojim? Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk. 9Ek sal my gloeiende toorn bedwing, Ek sal nie so ver gaan en Efraim uitwis nie, want Ek is God, nie 'n mens nie. Ek is die Heilige wat by jou is, Ek sal nie met woede ingryp nie.
10Hulle sal die Here volg! Hy sal brul soos 'n leeu en wanneer Hy brul, sal sy kinders vol ontsag uit die weste kom. 11Vol ontsag sal hulle soos voëls uit Egipte vlieg en soos duiwe uit Assirië.
Ek sal hulle na hulle neste toe terugbring, sê die Here.
Al probeer ons om ons self te herstel, daar is net herstel by ons God. Hy sal jou nie wegstuur nie, al is jy so halsstarrig soos Israel. Sy liefde is ‘n liefde wat ons as mens nooit sal kan begryp nie.
Kies vandag om jou herstel te kry by die Een wat jou saam geweef het in jou moederskoot, wat elke sel, elke gedagte van jou ken. Wat jou so ontsettend liefhet, dat Hy jou nie ongelukkig kan sien nie. Soos 'n liefdevolle vader sy seuntjie of dogtertjie sal ophelp as hulle val, en alles sal doen om hulle weer heel te kry, nog meer sal ons Vader ons altyd ophelp en genees.
Net as ons heel is in Christus, kan ons ander help om heel te word.
© Marsofine Krynauw
Blogargief
-
▼
2023
(215)
-
▼
Mei
(34)
- Die Jesus-manier
- Samesyn
- Middag Vriende, uit ‘n koue Windhoek. Die weervoo...
- Winter se kloue
- Wat doen jy met geleenthede?
- Besluite & keuses
- Die 14 jarige Jade Delport skrik een nag wakker me...
- Vlerke van die wind
- Bewaar jou hart...
- Volmaakte misterie
- Witgatboom
- 'n Legende sterf ... Tina Turner, koningin van Rock!
- Wat kom by jou mond uit?
- Winter asem
- Vriende,Al wat ek het is dankbaarheid. Dankbaarhe...
- Net God kan jou herstel
- Trane van vreugde
- Spore
- Nuwe seisoen ...
- Wat het die Here die naweek vir jou gedoen?
- Dit is winter - wat maak jy die naweek?
- God kan ... geduld en geloof
- Nooit alleen
- Waarin vind jy jou vreugde?
- Ander helfte
- Neriah
- Pappa se pienk kombers
- Dit is nie van God nie ...
- Ek deel graag my nuutste boek met julle - Wie is ...
- David, die mooiste engel in die hemel
- Jy is nie 'n fout nie ...
- Geweef deur my wese
- Pappa, ons band van swartkoffie
- Moedersdag in trurat ...
-
▼
Mei
(34)
Dinsdag 23 Mei 2023
Net God kan jou herstel

Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Die tong ... jou gevaarlikste wapen
Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...

-
Goeiedag Vriende, Pragtige somersdag in Windhoek, wat die vyand baie hard probeer het om vir my om te krap. Tog het ons Vader net weer inget...
-
Goeiedag Vriende, Ek hoop julle het almal die naweek die blomme geniet. Hier by ons is die weer heerlik, en ons kla nie al weet ons dit is...
So waar, so diep. Verseker 'n stukkie om saam te neem.
AntwoordVee uit