Blogargief
-
▼
2023
(215)
-
▼
September
(27)
- Wat weerspiëel jou lewe?
- Wat het jy gemaak met die dag
- Geloof ...
- Die son hang
- Dawid, 33 jaar
- Doen wat jy kan, opgee is nie 'n keuse!
- Hoe lyk dankbaarheid?
- Daar is reeds 'n perfekte plan vir jou lewe
- Is jy nie meer werd nie?
- 'n Goeie naam!
- Tel jou woorde
- Sononder in Etosha
- Fokus ...
- Daar is net een Voorsiener
- God alleen voorsien
- Die Gees pleit vir jou
- Lewe van die Dooievlei
- Dans van wind en maan
- God ons HOOP
- Aremoede is rykdom in Christus
- Ek hou jou hand
- Genade is besig om uit te loop.
- Lente in oorvloed
- Hoe gee jy?
- God se planne werk altyd
- God juig oor my!
- Ons Vader sorg
-
▼
September
(27)
Woensdag 27 September 2023
Die son hang
Die son het in die versamelvoëlnes vas gehaak
wyl die spore van die wild
wat daglank hier
in die skadu van die doringboom
vertoef het
die enigste getuie is
van die dag se bestaan
wit wolkies kuier
teen die asuur blou hemel
die Kalahari horison lê swaar
met die belofte van reën
en die mens is vandag hier
maar môre dalk weg
die skilderdoek sal dieselfde bly
of verander
soos die seisoen
se bui
net die mens
sal vandag hier wees
en môre weg
koop die tyd uit
leer van die seisoene
niks bly vir ewig dieselfde nie
wees die beste jy vandag
terwyl die son nog
in die doringboom
in die versamelvoëlnes hang ...
(C) Marsofine Krynauw
By Marsofine Krynauw
Skryf 'n droom ... Blog van Marsofine Krynauw Skrywer/Digter
at
September 27, 2023
Skryf van vier jaar gelede af. Het reeds 27 boeke publiseer, waaronder die genres romans, speurverhale en ware verhale ingesluit is. Het ook reeds twee digbundels uitgebring. Skryf is 'n droom, en ek is gelukkig om my droom te leef.
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Die tong ... jou gevaarlikste wapen
Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...
-
Vanoggend is ek dankbaar dat ek in 'n land woon waar ons nog Hemelvaartdag kan vier. Die wêreld sal alles wat ons aan Jesus se offer vi...
-
Goeiedag Vriende, Ek hoop julle het almal die naweek die blomme geniet. Hier by ons is die weer heerlik, en ons kla nie al weet ons dit is...
-
Die son het in die versamelvoëlnes vas gehaak wyl die spore van die wild wat daglank hier in die skadu van die doringboom vertoef het die en...

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking