Dinsdag 23 Mei 2023

Winter asem


 As die winter sy asem

in die vallei af blaas

sy wit mus op die berg toppe plaas

is dit net die reuse

van die natuur wat bly staan

soos die doringboom

en die grootvoet

wat daar langs gaan

vlug die swakkes na beskutting

want hulle is nie geskape

om die elemente te deurstaan

maar tog skiet hul nie tekort

die Vader het hul ‘n verstand gegee

om vir hul ‘n huis te bou

om hul daarin warm te hou

dus blaas jou koue asem

in die vallei af – winter

sit vir die berg sy wit mus op

geniet die stilte van oorwinter

om weer jou kragte op te bou

vir wanneer jagter en toeris

jou paaie poeier trap

vir die grootvoet wat hier hou

jou vrede kom versteur

dan is ek seker

dat jy somtyds wens

dat die vallei vol winter wasem

moet bly hang

die berg nooit sy wit hoed

af moet haal

die mens sal bly bibber en beef

die koue aan hom moet bly kleef …

© Marsofine Krynauw

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Die tong ... jou gevaarlikste wapen

Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...