Middag vriende,
So bietjie triestig met rugpyn. Bid asseblief.
Hoe wonderlik is dit nie ... of ons goed of sleg voel ... ons Vader bly dieselfde. Hy is steeds goed.
Die geheim is om ons hart te bewaar. Waarvan? Negatiewe gedagtes, ons eie ek, mense wat ons seer maak. Dit kan ons net doen as ons in Christus geanker is.
Spreuke 4:23-27 AFR53
Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe. Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou. Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees, wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.
Soos Mattheus gesê het sy liggaam kan maar vergaan, maar sy siel sal hy beskerm.
Matteus 10:28
“Julle moenie bang wees vir mense nie. As hulle julle doodmaak, dan sal dit net julle liggame wees wat dood is. Nee, julle moet net vir God bang wees. As Hy julle in die hel laat brand, dan sal julle waarlik dood wees.
Kyk objektief na mense en hoe hul jou hanteer. Laat lei jou deur die wete dat Jesus self ook sleg behandel was en steeds in liefde opgetree het.
Wees bedag oor hoe jy ander hanteer. Met 'n sagte gees sal jy ver kom.
Mooi naweek.

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking