Deur die venster van
my herfshuis
wandel ek in my tuin
staan ek verstom oor bolle
wat opskiet
om in die winter te blom
wanneer ek verder gaan
voel ek my hart opgewonde ruk
die Kraanvoëlplante het albei
blomme aan
ek stop flus by die Angel’s trumpet
merk die belofte van
haar sagte, welriekende kelke
wat binnekort oop sal gaan
en voor my deur
begin die Azalias in helder pienk
te blom …
ek voel die byt van die lug op my arm
en weet die winter is nader as die herfs
die seisoen waarin soveel dinge sterf
miskien het dit tyd geword
om alles wat my pynig
in die winter agter te los –
nuwe saad te saai
wat soos Namakwaland
se vlaktes sal blom – in die nuwe seisoen
in my lentetuin
maar nou klop my hart warm
vir die oorvloed van mooi
uit ons Vader se hand …
© Marsofine Krynauw
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking