alleen op die meer
se rand
het sy gesit
gestaar
oor die meer
gewag vir die dag
om te groet
as die windjie
saggies sy asem kom blaas
oor tak en blaar
die stilte in haar hart kom lê
in hierdie heilige uur
waar die harde kant van die dag
afgestop raak
en sag verdwyn in nag
sy bly wag
vir iemand om haar
hart oop te breek soos ‘n rooi granat
dat die liefde daaruit kan vloei
die stilte kan verbreek
met sagte fluister woorde
die omgee van ‘n maat
sy hoor die naguil roep
na sy maat
en weet sy is steeds alleen …
dan hoor sy die fluistering
‘miskien is jy van mens
verlaat – tog Ek
die Koning van die Konings
sal jou nooit verlaat
al het Ek na die hemel op gegaan
My liefde sal nooit opraak
My arms nooit te kort wees
om jou vas te hou!
© Marsofine Krynauw
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking