Ek deel graag my nuutste boek met julle - Wie is Willow Logan?
Dit is beskikbaar van my uitgewer, Malherbe Uitgewers, www.malherbe-uitgewers.co.za of sales@malherbe-uitgewers.co.za of van Amazon of op aanvraag by enige Bargain Books.
Waaroor gaan Wie is Willow Logan?
Willow Logan word op die
platteland gebore, net na haar vierde verjaarsdag verlaat haar moeder hulle. Sy
en haar broer bly by hul pappa en word deur hul tante grootgemaak.
Sy leer baie vroeg reeds
verwerping en die harde kant van die lewe ken. Pas na skool trou sy. Weereens
het die lewe vir haar ‘n draaibal gedeel wat in ‘n nagmerrie ontaard. Daarna
verdwyn sy vir jare en keer terug as die Persoonlike Assistant van die Minister
van Binnelandse Sake in Namibië.
Sy maak dadelik haar merk, en
almal is beïndruk met haar werksetiek en vermoëns. Daar word sy raakgesien deur
Ronan Moore – ‘n man wie se hartklop sy raak. Steeds is die lewe vol
verrassings, en almal is nie altyd aangenaam nie. Teleurstelling, verwerping,
en ‘n gebroke hart is maar van die dinge wat oor haar pad kom die volgende ses
jaar.
Sy het een getroue vriend wat
sy gemaak het tydens haar verdwyning. Een mens wie sy kan vertrou, wat nie weet
van die bestaan van Willow Logan nie. Ook ‘n FBI Agent soos sy – dit is haar
bes bewaarde geheim – haar eintlike beroep.
Nadat sy die grootste opdrag
van haar lewe ontvang het – een wat niemand anders eers sou dink om te aanvaar
en uit te voer nie – verander haar lewe.
Wat het in die tyd gebeur wat Willow Logan verdwyn het? Wat gebeur wanneer sy teruggaan na die plek waar sy haar bekwaam het as FBI Agent? Gaan sy ooit geluk smaak en wie is Willow Logan?
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking