Die foto onder is van een van die juwele van Namibië – Sandwich Harbour, en geleë anderkant Walvisbaai, as jy deur Walvisbaai sou ry en net aanhou see langs sou jy daar uitkom. Maar so maklik is dit nie, want jy kan nie net see-langs ry nie. Hierdie unieke plek waar die duine en die see mekaar ontmoet, kan net bereik word met ‘n 4x4 voertuig want daar moet deur die duine gery word.
Omdat dit so unieke plek is en nie maklik om daar uit te kom nie, wil almal daarnatoe gaan. Dit het my aan die lewe laat dink. Die dinge wat ons maklik bekom, is nie juis vir ons belangrik nie. Tog die dinge wat ‘n uitdaging is, die wil ons bekom. Of dit nou vir ons goed sal wees, dit is debatteerbaar.
Dit laat my weer aan Eva in die tuin dink. Sy mag van alles eet, maar die een boom waarvan sy nie mag eet nie, wil sy van eet en eet sy van!
Dit bring my by die liefde van Jesus wat hy vryelik vir ons gegee het, tog wil ons dit nie hê nie. Ons wil liewer ons besig hou met die wêreld se dinge. Dinge wat ons net ongeluk kan bring.
Verder gekyk word daar vir jou ‘n platform geskep om jou werk te plaas. Daar word dalk ‘n dag gereël vir jou om bemarking van jou boeke te doen. Daar word ‘n blad beskikbaar gestel waar jy elke dag jou bundels en boeke kan bemark. Tog maak byna niemand daarvan gebruik nie.
Liewe vriende, hoekom is ons mense so? Die geleenthede is voor ons, maar ons gebruik hulle nie, ons wil hê ander moet dit vir ons doen… Vandag wil ek vir jou vra, wie kan jou boek, jou bundel beter bemark as jyself? Jy ken jou motivering vir elke woord daarin, jy weet tot watter tipe mense jou werk gaan spreek.
Is dit nie tyd dat ons net soos met die liefde van Jesus wat gratis is vir ons, Sy liefde moet aangryp nie, maar ook die geleenthede wat daar bestaan om ons self te bevorder.
Daar is ‘n gesegde wat lui: ‘You need to be in it to win it!’
Passiwiteit ontlok geen reaksie nie … begin doen iets vir jouself, vir jou droom. Begin neem deel aan geleenthede wat vir jou gebied word. As ek by Sandwich Habour wil uitkom, is dit my verantwoordelikheid om iets daadwerklik daaraan te doen. Dit is presies dieselfde met jou drome.
Jy kan in die woestyn rond ploeter en nooit op die strand van Sandwich Habour uit kom nie. Of jy kan ‘n gids kry, en ure later met jou voet in die see by Sandwich Habour staan.
Blogargief
-
▼
2023
(215)
-
▼
Mei
(34)
- Die Jesus-manier
- Samesyn
- Middag Vriende, uit ‘n koue Windhoek. Die weervoo...
- Winter se kloue
- Wat doen jy met geleenthede?
- Besluite & keuses
- Die 14 jarige Jade Delport skrik een nag wakker me...
- Vlerke van die wind
- Bewaar jou hart...
- Volmaakte misterie
- Witgatboom
- 'n Legende sterf ... Tina Turner, koningin van Rock!
- Wat kom by jou mond uit?
- Winter asem
- Vriende,Al wat ek het is dankbaarheid. Dankbaarhe...
- Net God kan jou herstel
- Trane van vreugde
- Spore
- Nuwe seisoen ...
- Wat het die Here die naweek vir jou gedoen?
- Dit is winter - wat maak jy die naweek?
- God kan ... geduld en geloof
- Nooit alleen
- Waarin vind jy jou vreugde?
- Ander helfte
- Neriah
- Pappa se pienk kombers
- Dit is nie van God nie ...
- Ek deel graag my nuutste boek met julle - Wie is ...
- David, die mooiste engel in die hemel
- Jy is nie 'n fout nie ...
- Geweef deur my wese
- Pappa, ons band van swartkoffie
- Moedersdag in trurat ...
-
▼
Mei
(34)
Maandag 29 Mei 2023
Wat doen jy met geleenthede?

Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Die tong ... jou gevaarlikste wapen
Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...

-
Goeiedag Vriende, Pragtige somersdag in Windhoek, wat die vyand baie hard probeer het om vir my om te krap. Tog het ons Vader net weer inget...
-
Goeiedag Vriende, Ek hoop julle het almal die naweek die blomme geniet. Hier by ons is die weer heerlik, en ons kla nie al weet ons dit is...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking