In jare lank vervloë
was hy die son se
eerste straal
was hy die maan se
sagte kus
op die water as die
aand ster wink
vir haar
het sy hom gevolg
oor grondpaaie rof
deur sand en stof
sy drome in
vervulling
sien gaan –
magteloos toegekyk
hoe hul drome saam
dag vir dag
maand na maand
jare lank
verbrokkel tot stof
gevoel hoe hul
in stilte val...
hul nie meer saam
hoog gevlieg of
op wieke van die
wind gesweef...
maar
vlerkloos na ʼn
sekere dood val
vir lewe en dood
het sy bly klou
maar die swaarte
krag was te sterk
helaas
moes sy voel
hoe hy die mat met
brute krag pluk
onder haar voete uit
haal
haar geen keuse laat
as om te val...
tog het sy biddend
hoopvol
hul in haar drome
sien dans
vergeefs
donderend neer
gestort
soos ʼn af vlek swael
nooit weer sou hul
saam
drome droom
op lugstrome saam
baljaar
in ʼn liefdes dans
sy kon hom nie meer
volg
oor grondpaaie rof
deur sand en stof
selfs sy drome het
begin taan
daar het sy gestaan
alleen
sonder vlerke
oë betraan
met net die
fluistering
van die wind om haar
heen...
nooit sal sy weer
sweef
op die deuntjie van
die wind
tog het sy haar
voete gevind
die het vlerke gekry
hul neem haar
oor vere strande
heen
waar sy op die
deuntjie
van die branders
dans
gee die lewe haar
nog ʼn tweede kans
kan niks haar stuit
of laat val...
©Marsofine Krynauw
Erkenning aan Tina Turner – On silent wings
Gaan luister gerus na hierdie pragtige lied
https://www.google.com/search?q=on+silent+wings&sxsrf=APwXEde32MIR7omJL5HTV0GUupYoFxFRfw%3A1685188894184&ei=HvFxZLXyCs26gQb6kqTIDQ&oq=on+silent+wings&gs_lcp=Cgxnd3Mtd2l6LXNlcnAQARgAMgwIIxCKBRATEIAEECcyBQgAEMsBMgUIABDLATIFCAAQywEyBggAEBYQHjIGCAAQFhAeMgYIABAWEB4yBggAEBYQHjIGCAAQFhAeMgYIABAWEB46BwgjELADECc6CggAEEcQ1gQQsAM6CggAEIoFELADEEM6BwgjEIoFECc6BAgjECc6BwgjEOoCECc6DwgAEIoFEOoCELQCEEMYAToFCAAQgAQ6BwgAEIoFEEM6CAgAEBYQHhAPSgQIQRgAULkaWJk-YIpUaANwAXgFgAHPBYgBk0mSAQozLTcuMTAuMy4xmAEAoAEBsAEUwAEByAEK2gEGCAEQARgB&sclient=gws-wiz-serp#fpstate=ive&vld=cid:146981e8,vid:64ZqNno_Bsk
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking