Woensdag 17 Mei 2023

Dit is nie van God nie ...

 Pragtige helder herfsoggend na die donderweer en reën gisteraand. Ek dink julle bibber so bietjie daar in ons blommeland, want hier by ons in die Suide het dit gister so gehael dat dit gelyk het soos sneeu.

 Vanoggend wil ek oor iets praat wat ek glo baie mense raak of al geraak het.

 Christene kan jou ook teleurstel!

 Ek hoor hoe beaam julle my stelling. Baie male hoor jy selfs hoe mense wat nie gered is nie selfs die stelling maak: ‘moet nooit met ‘n christen besigheid doen nie, hulle is dit skelmste en sal jou die meeste skade aandoen’. Ongelukkig is dit baie waar – maar ons moet bietjie dieper kyk.

 Soms is dit die persoon wat jou gevra het vir hulp, wat jy uit die goedheid van jou hart help, wat jou agterna in die rug steek.

Soms is dit die christen wat elk oggend hul Bybel afneem en op Facebook plaas om te wys hoe hul stiltetyd hou, want jou so swak behandel dat jy dit nie kan glo nie.

Soms is dit die christen by wie jy iets koop of aan wie jy iets verkoop wat jou die meeste bedrieg.

 Hoekom is dit so? Almal wat sê hulle is christene, doen dit nie omdat hulle ‘n werklike verhouding met God het nie. Sommiges gee voor, doen dit vir wat hulle daarmee kan bereik, om mense te beindruk. Want as hulle werklik die Heilige Gees in hul harte gehad het, sou hulle nie daartoe in staat wees om hul medemens skade te berokken nie. Dan sou hulle ‘n Jesus-hart hê. 

In die tyd van Hosea, was dit ook so. Die christene was het hulself christene genoem vir wat hulle daaruit kon kry, nie omdat hulle God gedien, eer, liefgehad het of gehoorsaam was nie.

Lees bietjie wat het God daaroor te sê: Hosea 8:13Hulle bring offers om hulle self te bevredig, hulle bring vleis sodat hulle dit self kan eet! Sulke offers is nie vir My, die Here, aanneemlik nie. Ek gaan Efraim se sonde teen hulle hou en hulle laat boet vir hulle oortredings: Efraim sal na Egipte toe moet teruggaan.

 Hy gaan aan deur te sê dat Hy hul stede sal verbrand. Ons kan hier sien dat God baie ongelukkig en kwaad is as mense hul voordoen as christene vir hul eie gewin. Die feit is hulle doen God se naam skade, bring Hom in oneer, want die wêreld kyk na hierdie persoon wat hom voordoen as ‘n christen en reageer: ‘dit is nou hoe die christene optree, dan wil ek nie een wees nie’.

 Die probleem is, die persoon blameer vir God vir die mense se optrede teenoor hom of haar. Dit is nie God wat jou bedrieg het nie. Dit is nie God wat jou vrou of man ontrou laat wees het nie. Dit is nie God wat jou in die rug gesteek het nie. DIT IS DIE MENS! Die een wat hom deur die sonde laat lei.

Judas was ook eens ‘n christen, maar tog het hy vir Jesus verraai. Want geldlus het hom verteer en hy het hom deur sy begeerte laat lei en opgetree daarvolgens. Die mens tree op vir eie gewin, as hy of sy nie werklik die Gees van God in hulle harte het nie, wat hul met hul lippe verkondig en hoe hul optrede is stem nie ooreen nie. Dit kan jy nie voor God se deur lê nie.

Al wat ons daaraan kan doen is om te bid, want God se genade vir ons is onbeskryflik groot, so ons moet Jesus se omgee hart leef en ook vir hierdie persoon bid om werklik vir Jesus te leer ken. Om soos Jesus op te tree. Dat ons vrugte wat ons dra sal pas by watter tipe boom ons is.

Volgende keer as iemand wat vir jou vertel het hulle is ‘n christen jou te na kom, jou inloop, jou seer maak, jou in die rug steek – onthou dit is nie God nie, dit is die mens en uit hul eie keuse, nie uit God se hart nie.

© Marsofine Krynauw

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Die tong ... jou gevaarlikste wapen

Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...