Die nag se swart
het jou blou ge-ink
jou blos van pienk
net sigbaar
op die rug
van jou kabbelduine
git swart hang die hemel bo
met ‘n maan soos wit soos sneeu
en sterre wat soos sneeuvlokkies
aan die swart gewelf skitter
oorkant in die bossieveld
staan die springbok
onbewus van die grootsheid
geskilder deur die Meester
gekwas in indigo, koraal en swart
en in die duinstrate
speel die maan silver
deur die waaigras
en ek bly staar
na die volmaakte misterie
van die nag
vasgelê deur Meesterhand …
© Marsofine Krynauw
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking