Maandag 03 Julie 2023

Woestyn plaas



Soos spookasem

het die mis van die see

tussen die duine

ingesluip

die warmte van die dag

kom verdryf

met slierte spookagtige

vingers wat gryp en vat

aan die duine sand

‘n makabere prentjie laat

maar gemsbok

het gerus

in die duinstraat gesmul

aand die stoppelgras

hom nie laat verjaag

deur die wit skoopasem

wat al digter oor die duine raak

want hierdie is sy domein

hier sal niks hom verjaag

hier is waar hy daglank wei

hier is waar hy knus tussen

die duine skuil

hier is hy die inwoner

en die wit misvingers die gas

hier is hy die baas

van sy plaas

deur die natuur

aan hom gegee

vind hy voedsel, skuiling en rus

selfs ‘n druppel dou of twee

as die sleepmis sy spore

los op blaar en bos

môre as die son verskyn

weet hy sal die mis verdwyn

bly hy alleen die baas

van sy geboorte-woestyn-plaas.

© Marsofine Krynauw

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Die tong ... jou gevaarlikste wapen

Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...