Blogargief
-
▼
2023
(215)
-
▼
Julie
(25)
- 'n Enkel doringboom
- Prys die Here, geduring!
- God se liefde is onverganklik
- Winter in haar hart
- Hoe doen jy in moeilike tye?
- 'n Dankbare dansie en deuntjie
- Volmaakte liefde!
- Die lewende Woord vol beloftes
- Hy is jou pad na veiligheid
- Wat is jou verskoning?
- Dit is maklik om gehoorsaam te wees
- Vra vergifnis
- Dankbaarheidsvuur
- Jy is veilig ...
- Het jy 'n plan vir die koue?
- God se beloftes staan!
- My winter dans
- Loof en prys ons getroue Vader.
- Soekend na jou
- 'n Vader waarmee ons kan praat ...
- Getrouheid van ons Heer
- God, ons hoogste goed!
- Manipulasie en gyselaarskap ...
- Woestyn plaas
- Moenie vrees nie!
-
▼
Julie
(25)
Donderdag 06 Julie 2023
Soekend na jou
Bleek is die maan
blank is die wolke
wasig die mis
wat oor die water dwaal
soos my gedagtes
reeds weer soekend
na jou
die bankie
staan soos my hart
eensaam
verlate
alleen
want die eggo’s
van jou stem
is soos die mis
vaag en ver
jou voetval stil
soos die glans
van die maan op die water
jou skaterlag
makeer geheel
daar is niemand
wat my bankie deel
die maan wat stil en bleek
deur die gewelf
op sy weg gaan
die melankolie
van daar aanskou
en weet
ek mis jou
in hierdie aand -
steeds
bleek is die maan
blank is die wolke
wasig die mis
wat soos my gedagtes
oor die water dwaal
soekend na jou
altyd soekend na jou …
© Marsofine Krynauw

Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Die tong ... jou gevaarlikste wapen
Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...

-
Goeiedag Vriende, Pragtige somersdag in Windhoek, wat die vyand baie hard probeer het om vir my om te krap. Tog het ons Vader net weer inget...
-
Goeiedag Vriende, Ek hoop julle het almal die naweek die blomme geniet. Hier by ons is die weer heerlik, en ons kla nie al weet ons dit is...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking