Dinsdag 11 Julie 2023

Het jy 'n plan vir die koue?



Het jy 'n plan teen die koue?

Nee! Gelukkig het ek vir jou 'n plan ...

Al wat jy nodig het is, 'n KAGGELVUUR, 'n GLAS ROOIWYN en 'n BOEK!

Nie enige boek nie ... nee, een van my speurverhale is die ideale lees stof, om jou daar voor die kaggelvuur, met jou glas rooiwyn net langs jou vir as die keel droog raak van die spanning, en een van hierdie boeke, warm en op die punt van jou stoel te hou.

Ek belowe jou, koud sal jy nie kry nie. Jy sal soms warm onder die kraag wees, soms angstig, soms hoopvol, soms sommer net lus om die karakter se nek om te draai - maar verveeld en koud, sal jy nie wees nie.

Gaan kyk gerus op Malherbe Uitgewers se webblad: www.malherbe-uitgewers.co.za en bestel in sagteband, kindle of e-boek formaat. 

As jy dalk buite Suid-Afrika woon, is alles nie verlore vir jou nie, dan gaan jy net na Amazon: amazon.com/author/marsofine-krynauw_books-1961

of as jy in Amerika woon na Barnes & Noble - https://www.barnesandnoble.com/s/Marsofine%20Krynauw

Gaan loer gerus en hou jouself warm of ontspan net heerlik met een van my boeke.

Baie dankie vir die ondersteuning, ek waardeer dit opreg. Terugvoer sal waardeer word. Doen gerus 'n 'review' op Amazon as jy van daar bestel, dit is hoe ek groei deur die terugvoer van my lesers.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Die tong ... jou gevaarlikste wapen

Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...