Woensdag 05 Julie 2023

Getrouheid van ons Heer




Daglank woel en werskaf ek

my hand vat en los

ek drafstap van vertrek na vertrek

want alles het mos ‘n plek

dan nog wasgoed doen

en kos

tog iewers aan die einde

van die dag

kom selfs ook ek

tot rus

strek ek my bene

voor my uit

voor die deur

van my huis

dis dan dat

my gedagtes koers kry

emosies my soms wil oorval

alles in ‘n warboel is

soms voel ek

ek is mal

dan word my blik

hemelwaarts getrek

sien ek die aanster daar –

hierdie is ‘n gegewe

elke aand net daar

al hardloop my emosies

die wye vlaktes vol

hier sal ek hom sawens vind

knipogig en blinkend

oorweldig die wete my opnuut

dit is hoe ook God se

getrouheid is

net daar elke dag

al sal my huisie môre nie meer staan

emosies ophou wees

vir seker sal die aandster

steeds net na sononder vir my wag

herinner aan die getrouheid van my Heer.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Die tong ... jou gevaarlikste wapen

Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...