Blogargief
-
▼
2023
(215)
-
▼
Julie
(25)
- 'n Enkel doringboom
- Prys die Here, geduring!
- God se liefde is onverganklik
- Winter in haar hart
- Hoe doen jy in moeilike tye?
- 'n Dankbare dansie en deuntjie
- Volmaakte liefde!
- Die lewende Woord vol beloftes
- Hy is jou pad na veiligheid
- Wat is jou verskoning?
- Dit is maklik om gehoorsaam te wees
- Vra vergifnis
- Dankbaarheidsvuur
- Jy is veilig ...
- Het jy 'n plan vir die koue?
- God se beloftes staan!
- My winter dans
- Loof en prys ons getroue Vader.
- Soekend na jou
- 'n Vader waarmee ons kan praat ...
- Getrouheid van ons Heer
- God, ons hoogste goed!
- Manipulasie en gyselaarskap ...
- Woestyn plaas
- Moenie vrees nie!
-
▼
Julie
(25)
Donderdag 06 Julie 2023
'n Vader waarmee ons kan praat ...
Goeiemôre Vriende,
Vanoggend is ek baie bewus van hoe alles op aard tot ‘n einde kom. En nee niks vreesliks het gebeur nie, my kleindogter gaan net môre terug na haar mamma. Ons het ‘n wonderlike tyd gehad en gaan vandag elke uur dubbeld spandeer totdat haar pappa haar kom haal vanaand.
Tog herinner dit my dat God ons Vader altyd by ons is deur die Heilige Gees. By ons, binne ons, om ons. Ons het gisteraand na ‘n lering gaan luister: Hoe om God se stem te hoor. Is ons nie gelukkig dat ons die Almagtige God se stem kan hoor nie. Alhoewel dit nie is soos ons dit wil voorstel met ‘n luide stem nie, maar sag in die fluistering van die aandwind of sag in jou binneste, daardie roering wat jou vertel nou is jy besig om droog te maak. Hoor ons dit almal, maar besef dit net dalk nie, omdat ons dit iets anders wil maak.
Steeds kom ons nie weg van die feit dat hoe meer ons met God se Woord omgaan, hoe beter ons Hom leer ken, hoe makliker is dit om Sy stem te hoor. Hy praat deur sy woord met ons, hy praat deur ‘n vers of gedagte met ons en hy praat met elkeen van ons op Sy eie unieke manier, omdat Hy ons uniek geskape het.
David vra vir God se beskerming in Psalm 17, en aan die einde verklaar hy so mooi:
Psalm 17: 15Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word.
Dit is presies hoe dit moet wees. Nie net een maal ‘n week op ‘n Sondag gaan sit ons vir ‘n uur in die diens, luister dalk nie eers nie, of hou niks van wat ons hoor nie, want dit kla ons aan. Elke dag, elke dag moet ons met God ons Vader omgaan. Ons is tog Sy kinders en ons as ouers begeer tog dat ons kinders elke dag met ons moet omgaan. Met ons moet gesels, vir ons moet raad vra, vir ons moet vertel van die goeie en slegte in hul lewens.
God is nog baie meer so. Hy het nie nodig dat ons hierdie dinge moet doen nie, maar hy het tog ‘n begeerte daarna omdat Hy ons so lief het.
Ons ken almal Johannes 3:16
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
Wie van ons hunker nie na daardie warm gevoel van liefde, daardie wonderlike gevoel van aanvaarding, daardie gevoel van veiligheid nie?
As jy met jou Almagtige Vader stap, Hom eer, Hom liefhet, met Hom alles bespreek in jou lewe, Sy raad vra vir jou lewe, sal jy daardie gevoel koester al is die storm hoe vel.
© Marsofine Krynauw

Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Die tong ... jou gevaarlikste wapen
Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...

-
Goeiedag Vriende, Pragtige somersdag in Windhoek, wat die vyand baie hard probeer het om vir my om te krap. Tog het ons Vader net weer inget...
-
Goeiedag Vriende, Ek hoop julle het almal die naweek die blomme geniet. Hier by ons is die weer heerlik, en ons kla nie al weet ons dit is...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking