Dagsê Vriende,
Alles goed hier aan my kant, hoop daar by julle is die veld
nat en die weer mooi. In die reënseisoen soek ons mos nie sonskyn nie, maar
mooi weer.
PSALMS 91
In die beskerming van die Allerhoogste.
1HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal
vernag in die skaduwee van die Almagtige.
2Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting, my
God op wie ek vertrou.
3Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die
voëlvanger, van die verderflike pes.
4Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy
skuil; sy trou is 'n skild en pantser.
5Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die
pyl wat bedags vlieg nie,
6vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat
op die middag verwoes nie!
7Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou
regterhand — na jou sal dit nie aankom nie.
8Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van
die goddelose sien.
9Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou
beskutting gemaak.
10Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom
nie;
11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te
bewaar op al jou weë.
12Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen
geen klip stamp nie.
13Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en
die slang vertrap.
14Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek
sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
15Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood
sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.
16 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom
my heil laat sien.
Watter wonderlike beloftes is in hierdie pragpsalm opgesluit? ‘n Verhouding met die lewende God is dus nie iets nie, maar ‘n plek waar ons onsself elke dag moet bevind. ‘n Beskutting teen enigiets, ‘n veilige hawe as die storms om ons losbreek, ‘n vesting teen elemente.
Die lewende skepper God wil hê ons moet so naby en by Hom
wees, soos wanneer ons in ons eie kombuis voor die houtstoof sit en ons vrou of
man maak vir ons koffie. Ons drink dit saam in die veiligheid en warmte van ons
kombuis, tevrede, versorg, veilig.
Hoekom doen Hy dit vir ons? So mooi en wonderlik om te weet, stel ons Vader dit in vers 14: ‘Omdat hy My liefhet, daarom sal Ek hom red …’
Ons kan net in Sy skuilplek vertoef as ons elke dag daar bly
en nie net wanneer die storms om ons losbars daarheen vlug nie. Ons gaan mos
nie net in ons huise in as die weer onguur is nie? Ons bly elke dag daar.
Kom ons woon in hierdie Skuiling wat nooit sal vergaan of te
klein sal word vir ons almal nie.
© Marsofine Krynauw
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking