Maandag 12 Junie 2023

Sand in jou oë


 

Die dag het sy spore

in die sand gelos

ek en jy het saam

gedraf

hoe langer die skadus word

hoe veller het die wind

ons terug gestoot

tog het ons voorgebeur

wind-op

soos mis het die stof

die vlaktes oordek

alles oor trek

in grys en vaal

tog het ons bly beur

vorentoe

want hierdie dag moet

ook eens einde kry

skielik voel jy die sand

teen jou bene slaan

en skop die dag

jou gesig vol sand

jy proes en nies

probeer jou oë sluit

word in jou spore gestuut

met sand wat kleef

oor jou wese heen

het jy net weer besin

vir ‘n oomblik stil geraak

gevoel hoe die krag van binne

jou weer sterk maak

met vaste tred het jy voort gegaan

al het die sand jou gesig besproet

kon niks jou keer

want jy weet jou God is goed

dit in Sy krag wat jy voorbeur

al is die wind van voor

al word jou sig versteur

nou het die wind gaan lê

en jy loer oor die kruin

van die duin

met jou sand bespoete gesig

en weet waar jy jou oorwinning

vandaan kry.

© Marsofine Krynauw

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Die tong ... jou gevaarlikste wapen

Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...