Blogargief
-
▼
2023
(215)
-
▼
Junie
(36)
- Vir ons breek Hy koperdeure en ystergrendels ...
- Ons Rots
- Toewyding
- Oorvloed uit die Vader se hand
- Soek Hom!
- Jy het my hart gevries
- Die Lig
- Roep My aan ...
- Hoe groot is jou God?
- Wit van die maan
- Uitgekies ... spesiaal!
- Warm harte
- Vind vrede terwyl jy wag
- Rus op karmosyn
- Wag!
- Waar vra jy raad?
- God se tyd of jou tyd?
- Krag van die Olifant
- Suleika - pas gepubliseer!!
- Ons Lig
- Skemer melodie
- Wie kom die oordeel toe?
- Donkerkant van die duin
- Hy hou ons vas ...
- Sand in jou oë
- Genade water vir ons wêreld
- Jou woorde - breek dit of bou dit?
- Wie wil jy plesier?
- Waar is jou woonplek?
- Herinneringe
- My mense, my vallei...
- Wat doen jy met jou geskenk?
- Wat van mislukking?
- Wie is jou Rots?
- Junie het met die deur in die huis gevaldie Cederb...
- Waak want ons weet nie ...
-
▼
Junie
(36)
Vrydag 02 Junie 2023
Wie is jou Rots?
Goeiemôre Vriende,
Die week se uurglas het uitgeloop, die winter is hier om vir ‘n rukkie te bly. Tog weet ons dat ons Vader die seisoene vir ons gegee het met goeie rede en dat dit alles uitwerk in Sy goeie plan. Dit is die tyd waarin alles moet rus, om weer in Lente en Somer nuut te kan uitspruit.
Tog vir die saaiboere van Namakwaland en die Boland is dit ook die tyd waarin die reën die aarde voed en hulle saai om in die Somer te kan oes. So vir almal is winter nie ‘n tyd van rus nie.
Vanoggend vra een van die pastore waarna ek luister die baie, baie belangrike vraag: ‘Wie is jou Rots?’
Ons as kinders van die Allerhoogste antwoord baie vinnig sonder om te dink – ‘natuurlik is Jesus my Rots’.
Kom ons gaan kyk bietjie na jou antwoord. Is Jesus werklik jou Rots of as jy getroud, verloof of verlief is – is jou man of die man of vrou in jou lewe dalk jou rots. Is dit nie daardie persoon wat bepaal wat jy doen nie. Is dit nie daardie persoon wat dalk Sondagoggend vir jou sê wanneer jy wil opstaan om kerk toe te gaan, ‘nee, kom ons bly vandag by die huis’. Is dit nie die persoon wat jy ten alle tye probeer gelukkig hou, ongeag of dit God behaag nie?
Dalk is dit nie ‘n man of vrou in jou lewe nie, maar jou kind of kinders. Jy sal alles doen om hulle gelukkig te hou, maak nie saak wat dit van jou vat nie.
Ons wil dit nie hoor nie of erken nie, as iemand ons daarop wys, antwoord ons – ‘ek wil net die vrede bewaar’. Met wie? Beslis nie met God nie.
Dan is ons lewens deurmekaar en ons voel soos Korag in Psalm 88 gevoel het.
Psalm 88:4 Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk.
Dit gebeur as ons Rots nie die Een is wat alles in Sy hand hou en ons liefhet, genade vir ons het, voorsien elke dag nie. As ons rots voete van klei het. Want as daardie man, vrou of kind ons teleurstel, tuimel ons hele wêreld in een. As ons Rots God is, sal dit nie gebeur nie, want Hy is van ewigheid tot ewigheid dieselfde. Sy liefde, genade, voorsiening, ondersteuning sal nooit ophou nie. Hy het reeds die antwoorde waarna jy soek.
Korag het dit ook agter gekom. Elke keer as hy afgedwaal het en sy eie weg probeer loop het en elke keer tot dieselfde slotsom gekom. Sy oplossing is die enigste oplossing.
Psalm 88:14 Maar ék, Here, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.
As ons kies om God ons Rots te maak, Hy die eerste persoon is waarmee jy in die oggend tyd spandeer, sal die uitdagings op jou pad anders begin lyk, en sommige van hulle net soos mis voor die son verdwyn.
Die man/vrou/kind in jou lewe mag jy liefhê, ondersteun, versorg – maar hulle mag nie jou rots word nie. As God jou Rots is, kan jy hulle baie beter versorg, want jou Raadgewer is die Heilige Gees, en jou Middelaar wat by God elke sekonde van die dag pleit vir jou en almal wat jy liefhet is Jesus, die Koning van die Konings.
Hierdie feite ‘boggles my mind’ soos die Ingelsman sê. Sit vir ‘n paar minute stil en dink – Die Koning van hemel en aarde het jou so lief en jy is vir Hom so belangrik dat Hy gedurig besig is om vir jou in te tree.
Dink jy koning Charles sal bereid wees om dit te doen net vir die mense van Engeland? Ons praat nie eers van die heelal nie!
As jou rots sterflik is, en voete van klei het, is dit tyd dat jy jou fokus moet verskuif na die Rots van die eeue, die Rots wat nie omgedraai het by die kruis nie.
As Jesus jou Rots is sal jy soos hierdie struik blom want jou voete is stewig in Hom geanker.
Mooi naweek vir elkeen.
© Marsofine Krynauw
Krediet vir foto aan alamy2711

Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Die tong ... jou gevaarlikste wapen
Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...

-
Goeiedag Vriende, Pragtige somersdag in Windhoek, wat die vyand baie hard probeer het om vir my om te krap. Tog het ons Vader net weer inget...
-
Goeiedag Vriende, Ek hoop julle het almal die naweek die blomme geniet. Hier by ons is die weer heerlik, en ons kla nie al weet ons dit is...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking