Nooit het ek oor jou gepraat
vanaand slaan die onthou
soos ‘n voorhammer teen ‘n koppergong
en weergalm jou
stem,
jou woorde
jou menswees
deur my wees
vibreer die verslawing
aan jou
deur liggaam en gees
altyd so relevant
altyd so non-chalant
altyd verhewe
bo die wesens om jou
uniek
eksentriek
belese in musiek
het jy die kuns geken
om met jou woorde
enige vrou se hart te wen
tog was een nooit ooit genoeg
want jou siel het gedors
na die wete
dat jy onmisbaar is
tog lang voor jy sou sterf
het ek die naelstring geknip
is ek deur genade genees
van jou unieke wees…
maar net vir vanaand
is ons herinneringe spesiaal!
© Marsofine Krynauw
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking