Dinsdag 06 Junie 2023

My mense, my vallei...



Vandag het ek my broer, Johan Dreyer, sy seun Herman, Christo Basson en Louwtjie Lourens gesien - die manne is op pad na die viswaters van Hentiesbaai. Dit was so lekker om saam met hulle koffie te drink. Christo boer net daar by Boomvlei.
Vanaand gee ek vir julle 'n pragtige foto van 'n jongvrou van my kontrei geneem het van die sonsondergang oor die Sishen-Saldanha-brug. Dankie Catherine Elizabeth Visagie vir jou prag foto.


Die son val in goud
by Vanrhynsdorp se kant
steek die westerkim aan die brand
laat sy laaste strale
oor die olifantsriviervallei
skyn in karmosyn
en net neffens daarvan
is die Sishen-Saldanha-brug gespan
soos ‘n hangmat oor die pad
wat met die buld op kronkel
jou gevaarlik naby
die kanaal vat
om jou vinnig te laat rem
by die steilbuld af
net voor jy die skerf draai vat
op na Boomvlei toe
en al langs die pad
hou die kaal wingerdlande wag
om die getuies te wees
of jy in hierdie goue uur
op die pad sal bly…
(c) Marsofine Krynauw




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Die tong ... jou gevaarlikste wapen

Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...