Maandag 12 Junie 2023

Genade water vir ons wêreld




 Wie se hart kan nou nie jubel en juig as jy sulke foto's van jou wêreld ontvang nie? Waar is my wêreld? Namakwaland, Vanrhynsdorp, Vredendal, Koekenaap, Weskus ...

Die eersre foto is by die Gif en Maskamberge geneem in Vanrhynsdorp - kyk net hoe pragtig groen is dit, die natuur is in al sy glorie oor die wonder water wat ons Vader gestuur het.

Die tweede foto is van die Troe-troe-rivier wat in vloed is in Vanrhynsdorp - hierdie rivier was jare laas in vloed en ons is so dankbaar.

Die derde foto is by Ouberg geneem van die waterval, pragtig. Die hele wêreld is opop die Gifberg en Maskam sop nat, en weereens besef ek net hoe groot ons Vader se liefde en genade vir ons is.

Nie lank gelede nie het ek gehoor hoe een of ander doemprofeet  voorspel het dat die Namakwaland hierdie jaar gaan droogte ondervind - droogte sê jy vir my - die mense wik maar ons grote God beskik.

Ek het selfs op die Namakwalaner groep berig ontvang dat dit in Bitterfontein gereën het, wonderlik, so wonderlik. 

Ek sien reeds die uitbundige kleurespel wat oor die vlaktes, heuwels en berge gaan oopbreek as Augustus aanbreek. Ons Vader se blomtuin gaan in volle blomme prag staan hierdie jaar.

(c) Marsofine Krynauw


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Die tong ... jou gevaarlikste wapen

Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...