Goeiedag Namakwalaners,
‘n Heerlike somersoggend, met 31 grade reeds hierdie tyd. Daar roer so ‘n windjie, en dit maak dit lekker. Ek hou so baie van somer, as mens net so in jou flipflops, en ligte rokkie kan rond beweeg en nie jouself met lae, en lae klere moet beskerm teen die koue nie.
Ek wil graag aangaan om oor die eie ek en ook ons gedagtes te gesels.
Paulus is hier besig om met Korinthiers wat in sy afwesigheid sy optrede kritiseer aan te vat. Hulle beskuldig hom dat hy as hy by hulle is sagmoedig is en as hy vir hulle briewe skryf streng is. Hy verduidelik vir hulle dat hy probeer om nie met hulle streng te wees as hy by hulle is nie, dit is sy opdrag van God om hulle reg te leer. Hierdie optrede van hulle ontstel hom, so daar so baie mense is wat ons dagliks ontstel deur wat hulle sê of hoe hulle teen ons optree.
Die woord is baie duidelik dat as ons net soveel soos ‘n gedagte aan sonde het, ons dit reeds gepleeg het. Daarom sê Paulus aan hulle dat hy en sy helpers elke slegte gedagte gevange neem om dit aan Christus gehoorsaam te maak.
2 Korinthiers 10:5b - Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.
Ons gedagtes is baie male ons grootste vyande, dit is hulle wat ons uit die slaap hou in die nag. Ons oordink wat die persoon gesê het en wat ons vir hom of haar gaan terug antwoord as ons hulle weer sien.
Ons dink wat ons aan mense gaan doen wat ons teleurgestel of te na gekom het.
Ons dink gedagtes van kwaad teenoor mense wat ons lewens omkrap.
Maar nie net dit nie, ons dink ook aan verkeerde dinge, soos om ‘n man of vrou te begeer. Om vir iemand leuens te vertel om onsself uit die moeilikheid te kry. En vele meer.
Ons vergeet dat God al ons gedagtes ken. Daardie persoon weet dalk nie, maar God weet. Die vraag is: As jou vriende en familie jou gedagtes kon sien, sou jy gemaklik wees daarmee.
Paulus se stelling is vir ons ‘n ruglyn dat ons baie, baie goed teen ons gedagtes moet waak, dat ons slegte gedagtes moet gevangeneem en verban. Dat ons die Heilige Gees moet vra om ons daarmee te help.
Verder gaan Paulus aan oor eie roem. Hy praat baie sterk teen mense wat roem hulle self.
2 Korinthiers 10:12
12Ons waag dit natuurlik nie om ons op een lyn te stel of te vergelyk met sekere mense wat so 'n danige dunk van hulleself het nie. Hulle is dom: hulle meet hulleself aan hulle eie maatstaf en vergelyk hulleself met hulleself
Daarna gee hy ook vir ons die enigste oplossing wat daar is as ons wil roem op enigiets of iemand. Hy noem ook dat ons enigste vergoeding is as ons deur ons Vader geprys sal word, deur deur mense nie.
2 Korinthiers 10:17Maar die Skrif sê: “Hy wat roem, moet in die Here roem.” 18Die man wat die proef deurstaan het, is nie die een wat homself prys nie, maar die een wat deur die Here geprys word.
As ek so na Paulus luister, weet ek dat ek elke dag net baie naby aan ons Vader met my hand in die van Jesus moet loop. Veral as dit by gedagtes kom. Dat ek niks het om op te roem nie, dit het ek gelukkig al deur die genade van Jesus onder die knie gekry. Dit help as mens uit dankbaarheid leef vir elke dag en besef dat ons niks is sonder Christus nie.
Ons hoef weereens nie die pad alleen aan te durf nie, maar in gesprek met ons God en deur die leiding van die Heilige Gees.
Nie ons nie … God deur ons.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking