Dagsê Vriende,
Die week is aan sy einde, en daar is beslis baie wat dankbaar is daarvoor. Hierdie tyd van die jaar is dit asof alles net te veel raak.
Vandag kom ons bemoediging uit Prediker 11. Jy en ek voel dalk ons het nie meer krag nie, en ons weet nie meer hoe nie. Ons kan nie meer dit of dat doen nie.
Ons kyk ons vas in omstandighede, die fisiese beperkings om ons. Hier kom die Prediker en hy vertel ons ‘n ander kant van die saak.
PREDIKER 11
Laat ons goed doen solank as ons in die geleentheid is.
1WERP jou brood uit op die water, want ná verloop van baie
dae sal jy dit vind.
3As die wolke vol reën is, giet hulle dit uit op die aarde;
en as 'n boom na die suide of na die noorde val, op die plek waar die boom val,
daar bly hy lê.
4Wie op die wind ag gee, sal nie saai nie; en wie na die wolke kyk, sal nie oes nie.
So mooi vertel Prediker vir ons, as ons bly vas kyk in ons beperkings, in omstandighede om ons, sal daar niks van ons moeite kom nie.
Hy maan ons om te saai al lyk die wind nie gunstig vir reën nie. Hoekom? Want as ons in geloof saai, sal God die res doen.
As jy net doen dit wat jy kan, sal God die bietjie wat jy gewys het jy bereid is om te doen in geloof omskep in oorvloed.
Pastoor Rynier vertel vanoggend iets wat hy gelees het en dit gaan so: God kan jou nie seën as jy op die graaf leun wat Hy jou gegee het om die gat mee te grawe nie.
Gebruik dit wat God jou gegee het, al voel jy dit is beperk, en Hy sien jou hart en sal die res doen.
As jy nie saai nie, kan jy nie oes nie!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking