Blogargief
-
▼
2023
(215)
-
▼
Oktober
(25)
- Net een waarborg ... dit is God!
- My huisie teen die water
- Waar lê jou lojaliteit?
- Blywende vreugde ...
- Meel is sleg, maar beskuit is heerlik!
- Is jy werklik gesond?
- Leer van Jesus ... moenie die vyand glo nie!
- Waar is jy?
- Hou aan ... moenie opgee nie.
- Vat jy raad?
- Nuus - soos 'n veldbrand ...
- Is jy in die Geheimediens?
- Is jy gereed?
- Geen kwalifikasie nodig ...
- Gee oor, wag, vertrou!
- Net hoor kan ons nie red nie!
- Glo!
- Ons Vader ons lewenslaar
- Ons moet saai om te kan oes
- Ons moet gaan ...
- Net 'n mens-gestalte
- Negatiewiteit ...
- Wat dink jy?
- Not in my own strength
- Wat dink jy van jouself?
-
▼
Oktober
(25)
Vrydag 13 Oktober 2023
Geen kwalifikasie nodig ...
Goeiedag Vriende,
Heerlike dag en dankbaar dat die week ‘n baie goeie skryf week was. Ek hoop dat dit met julle goed gaan en dat julle ook so ‘n produktiewe week en baie deurbrake soos ek hierdie week gehad het. So voor ons die naweek instap en die pas bietjie stadiger maak, wil ek graag met julle nog ‘n stukkie Woord deel.
Vanoggend lees ek die verhaal van Saulus wat Paulus geword het, die bekering van ‘n man wat God se kinders vervolg en vermoor het. ‘n Man wat ek en jy nie mee sou wou praat, of hom eers in ons huise toelaat nie.
Ons lees daagliks van sulke mense in koerante, op sosiale media, op televisie. En dit vul ons met afgrys om te sien hoe christene deur hierdie mense vervolg en vermoor word omdat hulle in die Enige God glo.
Kom ons lees die gedeelte wat ek seker is ons almal ken en al baie gelees het.
HANDELINGE 9
Saulus se bekering
1Intussen het Saulus soos 'n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here met die dood te dreig. Hy het na die hoëpriester toe gegaan 2en van hom bekendstellingsbriewe aan die sinagoges in Damaskus gevra. Sy doel was om al die aanhangers van die leer van die Here wat hy daar kry, mans sowel as vrouens, gevange te neem en na Jerusalem toe te bring.
3Toe hy op reis naby Damaskus kom, het daar skielik 'n lig uit die hemel op hom gestraal. 4Hy het op die grond neergeval en 'n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?”
5“Wie is U, Here?” vra hy toe.
“Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dit is vir My wat jy vervolg. 6Maar staan op en gaan na die stad toe. Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen.”
7Die mense wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan. Hulle het die stem gehoor maar niemand gesien nie. 8Toe Saulus van die grond af opstaan en sy oë oopmaak, kon hy nie sien nie. Hulle het sy hand gevat en hom na Damaskus toe gelei. 9Drie dae lank kon hy nie sien nie en het hy niks geëet of gedrink nie.
10In Damaskus was daar 'n sekere volgeling van Jesus met die naam Ananias. Die Here het hom in 'n gesig geroep: “Ananias!”
“Hier is ek, Here,” het hy geantwoord.
11En die Here sê vir hom: “Gaan dadelik na Reguitstraat toe en vra by Judas se huis na 'n man van Tarsus met die naam Saulus. Hy is besig om te bid 12en hy het in 'n gesig 'n man met die naam Ananias sien inkom wat hom die hande oplê sodat hy weer kan sien.”
13Maar Ananias sê: “Here, ek het al by baie mense van hierdie man gehoor en van al die kwaad wat hy die mense wat in U glo, in Jerusalem aangedoen het. 14En nou is hy hier met volmag van die priesterhoofde om almal gevange te neem wat u Naam aanroep.”
15Toe sê die Here vir hom: “Gaan daarheen, want Ek het hom gekies as my werktuig om my Naam uit te dra onder die heidennasies en hulle konings en ook onder Israel. 16Ek self sal vir hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly.”
17Ananias het toe gegaan en in daardie huis gekom. Hy het Saulus die hande opgelê en gesê: “Saul, broer, die Here Jesus wat aan jou verskyn het toe jy op pad hierheen was, het my na jou toe gestuur sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word.”
18Onmiddellik het daar iets soos skille van Saulus se oë afgeval en kon hy weer sien. Toe het hy opgestaan en hy is gedoop; 19en hy het geëet en sy kragte herwin.
So goed soos ek net soos julle die verhaal ken, het dit my vanoggend baie diep getref.
Hierdie man waarmee ons nie eers sou wou praat of waarvan ons net sou wou wegkruip, en hom sekerlik sou verag vir wat hy besig was mee kom Jesus self na toe.
Die manier waarop Jesus hom nader – nie met ‘n geskree en veroordeling nie, maar met ‘n eenvoudige vraag. Nie met woede oor al Sy kinders wat al deur Saulus vervolg en vermoor is nie, maar met ‘n groter plan.
“Saul, Saul, waarom vervolg jy My?”
5“Wie is U, Here?” vra hy toe.
“Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dit is vir My wat jy vervolg.”
Jesus slaan hom met blindheid, om hom te wys dat Hy is wie Hy sê Hy is. Daarna stuur hy hom na Ananias.
Ananias se reaksie toe Jesus hom die opdrag gee, is sekerlik presies die antwoord wat ons aan Jesus sou gee as hy een van ons oor Saulus be-opdrag het.
13Maar Ananias sê: “Here, ek het al by baie mense van hierdie man gehoor en van al die kwaad wat hy die mense wat in U glo, in Jerusalem aangedoen het. 14En nou is hy hier met volmag van die priesterhoofde om almal gevange te neem wat u Naam aanroep.”
Dit is asof Ananias vir Jesus wil vra: Weet u nie hoe ‘n gevaarlike en bose man hierdie is nie? Dit is hier waar Jesus Ananias so ‘n klein kykie gee in Sy plan met Saulus se lewe verder.
“15Toe sê die Here vir hom: “Gaan daarheen, want Ek het hom gekies as my werktuig om my Naam uit te dra onder die heidennasies en hulle konings en ook onder Israel. 16Ek self sal vir hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly.”
Ons almal weet hoeveel Paulus vir die Woord en die Koninkryk gely het. Dat hy niks ontsien het nie. Dat niks hom ooit weer kon keer nie. Dat hy bely het dat alles wat voorheen vir hom van waarde niks vir hom geword het en God sy enigste wins.
Hierdie man wat die vyand aanbid het, se lewe kom draai Jesus om en kies juis hom om die grootste deel van die Woord vas te lê vir geslagte wat kom.
Hier val Jesus se liefde, se teerheid, se genade my net so verskriklik op. Dit is die voorbeeld wat Hy vir ons gelos het deur sy Woord. Dit is wat Hy van my en jou verwag, om so met mense in die wêreld om te gaan dat ons hulle deur liefde vir die Koninkryk kan wen.
Ons moet deur Jesus-oë na mense kyk. Daardie persoon wat ons sien as boos, sien Jesus as die persoon wat die grootste inpak in Sy Koninkryk gaan maak. Hoekom? Omdat dit nie ons is nie, maar Hy deur ons.
By Marsofine Krynauw
Skryf 'n droom ... Blog van Marsofine Krynauw Skrywer/Digter
at
Oktober 13, 2023

Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Die tong ... jou gevaarlikste wapen
Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...

-
Goeiedag Vriende, Pragtige somersdag in Windhoek, wat die vyand baie hard probeer het om vir my om te krap. Tog het ons Vader net weer inget...
-
Goeiedag Vriende, Ek hoop julle het almal die naweek die blomme geniet. Hier by ons is die weer heerlik, en ons kla nie al weet ons dit is...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking