Blogargief
-
▼
2023
(215)
-
▼
Oktober
(25)
- Net een waarborg ... dit is God!
- My huisie teen die water
- Waar lê jou lojaliteit?
- Blywende vreugde ...
- Meel is sleg, maar beskuit is heerlik!
- Is jy werklik gesond?
- Leer van Jesus ... moenie die vyand glo nie!
- Waar is jy?
- Hou aan ... moenie opgee nie.
- Vat jy raad?
- Nuus - soos 'n veldbrand ...
- Is jy in die Geheimediens?
- Is jy gereed?
- Geen kwalifikasie nodig ...
- Gee oor, wag, vertrou!
- Net hoor kan ons nie red nie!
- Glo!
- Ons Vader ons lewenslaar
- Ons moet saai om te kan oes
- Ons moet gaan ...
- Net 'n mens-gestalte
- Negatiewiteit ...
- Wat dink jy?
- Not in my own strength
- Wat dink jy van jouself?
-
▼
Oktober
(25)
Maandag 09 Oktober 2023
Ons Vader ons lewenslaar
Goeiemôre Vriende,
Hier in Windhoek het dit vroeër na reën gelyk, maar intussen het die sonnetjie uitgekom. Ons weet egter dat ons Vader die genadewater op Sy tyd sal stuur. Nouja ek het verneem daar was die naweek ‘n fees in ons Namakwaland, maar ek het ook verneem dat dit deur ongewenste elemente versuur is met swak gedrag en kru taal. Dit is ‘n jammerte. Ek haal egter my hoed af vir die van my vriende wat omgedraai en liewer huis toe gegaan het omdat dit vir hulle nie aanvaarbaar was nie – dit is wat ons ‘n stand vir Christus noem.
Dit sluit aan by wat die wyse Salomo, nadat hy baie dinge ondersoek en bestudeer het, vir ons opgeteken het aan die einde van Prediker as ‘n opsomming van alles.
Prediker 12: 13 Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.
14 Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg.
Sy opsomming is dat daar niks waardevolle is as om ons Almagtige God te vrees nie, te gehoorsaam nie, te dien nie.
So maklik by geleenthede soos die fees wat die naweek plaasgevind het, word God net vir die naweek by die huis gelos en gaan geniet ons onsself, tree ons losbandig op, gebruik ons taal wat nie vir God aanvaarbaar is nie. Kortom is ons op pad terug na ons plaas, terug na ons lewe en onthou ons van die uitdagings en raak ons oorweldig.
Net daar sonder om nog twee maal te dink, pak ons weer ons Vader uit, wat moes tuisbly dat jy jou kon gaan geniet. Ek verstom my soms aan ons mense se manier van dink. Dink ons regtig dat God nie gesien en gehoor het wat ons gedoen het nie? Daar staan tot baie duidelik in die Woord dat ons Vader ons elke gedagte en handeling ken nog voor ons dit dink of doen.
Ons weet immers hoe ons Vader oor gehoorsaamheid voel. Hoekom mag Hy die Almagtige nie so voel nie, jy wat ‘n aardse vader of moeder is en nie ‘n volmaakte voorbeeld vir jou kind is nie, vereis dan gehoorsaamheid van daardie kind.
God het vir ons in Jesus die volmaakte voorbeeld aarde toe gestuur om hier onder ons te kom wandel en gehoorsaamheid tot die dood uit te leef. Vir ons te wys in verskillende situasies dat Hy steeds gehoorsaam gebly het, al was Hy versoek. Hy het altyd gekies tot eer van Sy Vader, wat ook ons Vader is.
Ons kan nie net ons Vader dien en gehoorsaam aan hom wees as ons in die kerk is, of as ons daar by ons huis besig is met die Bybel nie. Hy is ‘n jaloerse God, en vereis onverdeelde trou en Hy het Sy seun gestuur om die prys te betaal. Dus wat is ons verskoning?
Ons Vader is nie ‘n noodhulpkassie nie, nee Hy is ons Lewensaar. Hom kom ons toewyding, ons lofprysing, ons gehoorsaamheid, ons onvoorwaardelike vertrou en nog meer toe.
By Marsofine Krynauw
Skryf 'n droom ... Blog van Marsofine Krynauw Skrywer/Digter
at
Oktober 09, 2023

Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Die tong ... jou gevaarlikste wapen
Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...

-
Goeiedag Vriende, Pragtige somersdag in Windhoek, wat die vyand baie hard probeer het om vir my om te krap. Tog het ons Vader net weer inget...
-
Goeiedag Vriende, Ek hoop julle het almal die naweek die blomme geniet. Hier by ons is die weer heerlik, en ons kla nie al weet ons dit is...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking