Woensdag 04 Oktober 2023

Net 'n mens-gestalte

So dikwels breek familie huwelike op - hierdie vers handel daaroor.


By die meer op ‘n rots
met die water se klots
tuur sy in die verte
om haar weergalm vrede
met geen eggo in haar siel
die is verniel
in die kasteel
oorkant die meer
deur ‘n man
met voete van klei
hierdie is nie balsem vir haar siel
hierdie waar die stilte praat
die water neurie
van vrede
hier waar sy haar vaskyk
in die torings
van die kasteel van verraad
sprokiesmooi van buite
maar agter die swaar hout deure
skuil die adder en sy maat
sy gif vul die gange
met dood en smaad
los geen plek
vir liefde, vreugde of geluk
want soos ‘n anakonda
het hy die lewe gewurg
uit die man want eens haar geliefde was
totdat die leweloos
soos ‘n pop aan ‘n tou
net kon dans
op sy bevel
sy alleen gelaat is
in die hel van verraad
sonder ‘n maat
met net ‘n mens-gestalte
wat dit wat eens haar geliefde was
vlug voetig sal sy vlug
met haar laaste krag
sy moet hom agter los
al breek dit ook haar hart
vir hom het sy net nog waarde op die swartmark
die monster het hom geheel ge-brain-wash …
© Marsofine Krynauw

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Die tong ... jou gevaarlikste wapen

Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...