Blogargief
-
▼
2023
(215)
-
▼
Oktober
(25)
- Net een waarborg ... dit is God!
- My huisie teen die water
- Waar lê jou lojaliteit?
- Blywende vreugde ...
- Meel is sleg, maar beskuit is heerlik!
- Is jy werklik gesond?
- Leer van Jesus ... moenie die vyand glo nie!
- Waar is jy?
- Hou aan ... moenie opgee nie.
- Vat jy raad?
- Nuus - soos 'n veldbrand ...
- Is jy in die Geheimediens?
- Is jy gereed?
- Geen kwalifikasie nodig ...
- Gee oor, wag, vertrou!
- Net hoor kan ons nie red nie!
- Glo!
- Ons Vader ons lewenslaar
- Ons moet saai om te kan oes
- Ons moet gaan ...
- Net 'n mens-gestalte
- Negatiewiteit ...
- Wat dink jy?
- Not in my own strength
- Wat dink jy van jouself?
-
▼
Oktober
(25)
Maandag 16 Oktober 2023
Is jy gereed?
Goeiemôre Vriende,
Dit voel my julle het julle koelte vir ons gestuur. Hier in Windhoek is dit van gisteroggend af koel en daar is ‘n windjie wat so speel-speel jou vertel dit is nie somer nie. Gelukkig kan ek nog binneshuis met somersklere oor die weg kom. Ek hoop julle het lekker gerus die naweek.
Aan die begin van hierdie week wil ek graag gesels oor iets wat ons al hoe meer hoor, beleef en weet dat dit voorwaar so is.
Ons leef in die laaste dae … Nou dit is nie net my mening nie, dit is die mening van byna elke pastoor waarna ek luister elke dag. Dit is die Woord wat God ons gegee het as ons na al die dinge wat in die wêreld besig is om te gebeur kyk.
Gister tydens ‘n diens, sê een van die pastore: Ons leef nie meer in die tyd toe ons gehoor het dinge gaan gebeur nie. Ons leef in die tyd wat die dinge besig is om te gebeur.
Jesus self het hierdie dinge reeds der duisende jare van te vore voorspel in Matteus 24.
Matteus 24: 6En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.
7Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.
Ek is nie iemand wat nuus kyk, of luister nie. Steeds hoor selfs ek van persies hierdie dinge wat Jesus hierbo genoem het wat in die hele wêreld aangaan. Die grootste teken is die oorlog wat huidiglik in Israel begin het.
Tog het Jesus reeds toe gewaarsku dat dit nog nie die einde is nie.
Hoekom praat ons dan hieroor? Hoekom is dit so belangrik dat jy as christen dit weet en dit aan ander wat nog nie ‘n verhouding met die lewende God het moet vertel?
Pastoor Rynier het vanoggend gepraat van die keuse wat ons almal het om te maak. Dat daar nie meer vir ewig is om hierdie keuse te maak nie. Soos hy ook genoem het, is dit nie om mense vreesbevange te maak nie, maar eerder om ons Vader se wens dat nie een siel verlore moet gaan nie te bewerk.
Matteus 7:13 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.
14Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
Dit is moeilik om die nou pad te kies en te bewandel – dink jy nie dit was ook moeilik vir Jesus om die beker te kies en te drink nie?
Daar is ‘n prys om te betaal – vriende of selfs familie gaan jou dalk eenkant toe smyt. Jy sal dalk self moet besluit om nie meer saam met seker mense te stap nie, omdat hulle jou bly weg trek van Jesus af. Dink jy nie dat die prys wat Jesus moes betaal aan die kruis veel groter was as enige prys wat ek en jy moet betaal nie?
Kom ons gebruik hier ‘n beeld wat julle maklik sal verstaan. Om vir ‘n mediese dokter te leer, neem sewe jaar, daarna moet hy/sy nog ‘n hospitaal jaar doen en nog ek weet nie hoe lank voor jy as volwaardige dokter tot die medieseraad toegelaat kan word. Dit eindig egter nie hier nie. Hierdie persoon moet op ‘n gereelde basis seminare en kongresse bywoon om op datum te bly met die groeiende veld van die medies. Nuwe siektes, nuwe medisyne, nuwe metodes van behandeling.
Net so moet ons ook aanhoudend bly leer, bly sorg dat ons elke dag opnuut vir Jesus kies. Elke dag met nuwe ywer die nou weg stap. Deur ons eie krag sal ons dit nie reg kry nie, maar ons Vader is ‘n liefdevolle en genadige Vader. Daarom het Hy ons ‘n Helper gegee in die Heilige Gees.
Laat ons nie talm en rond speel met iets so belangrik soos ons saligheid en ‘n ewige lewe by ons Vader nie. Laat ons die erns daarvan insien en sorg dat onsself en die mense wat vir ons belangrik is en almal wat ons pad kruis weet en gereed is as Jesus ons kom haal.
As jy praat, laat jou woorde tel.
As jy doen, laat jou dade spreek.
As jy net is, laat almal om jou steeds weet dat jy ‘n kind van die lewende God is.
By Marsofine Krynauw
Skryf 'n droom ... Blog van Marsofine Krynauw Skrywer/Digter
at
Oktober 16, 2023

Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Die tong ... jou gevaarlikste wapen
Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...

-
Goeiedag Vriende, Pragtige somersdag in Windhoek, wat die vyand baie hard probeer het om vir my om te krap. Tog het ons Vader net weer inget...
-
Goeiedag Vriende, Ek hoop julle het almal die naweek die blomme geniet. Hier by ons is die weer heerlik, en ons kla nie al weet ons dit is...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking