Maandag 30 Oktober 2023

My huisie teen die water


Hier in my huisie teen die water
waar ek daglank woorde vind
om mense te laat wonder
wat hul in die volgende hoofstuk vind


hier in my huisie teen die water
waar ek vriendinne laat skater
oor die dinge wat ek sê
wat my soms so na aan die hart lê


hier in my huisie teen die water
goed in die boom geanker
met wortels tevrede en gevoed
deur die meer se water


hier in my huisie teen die water
waar ek daglank woorde vind
oor liefde, die leed van ander
en vele vele meer
my gedagtes kan vry laat sweef
saam en vry soos die voëls
wat hier gaan
maar saans weer 'n nes vind
net hier bo my boomhuisie
saam met my droom
oor môre se mooi
as ek weer saam met hul
in my gedagtes vlieg
na vere lande
mooi wit strande
of
ander plekke waar die seer
van geliefdes mekaar se harte verteer
om terug te keer
na my huisie
geanker in die boom
waar ek my eie drome droom.
(c) Marsofine Krynauw

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Die tong ... jou gevaarlikste wapen

Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...