Maandag 23 Oktober 2023

Waar is jy?


Goeiemôre Vriende,


Hier in Windhoek is dit ‘n heerlike, mooi nuwe week en mׅôre. My naweek was heerlik en beslis minder bedrywig as van julle s’n. Ek het gehoor van ‘n fees wat daar was, en my ondervinding van hierdie feeste is dat hulle party mense uitgeput laat vir ‘n week, ander ongelukkig en baie min tevrede. Ek hoop egter dat julle almal gelukkig is op hierdie Maandagoggend.


So met die intrap in die nuwe week in wil ek meer as een gedagte met julle deel.


Die eerste vraag is: Het jy geestelik gegroei in hierdie jaar?


Jou antwoord mag dalk ‘n vinnige ja wees. Maar hier is die toets. Jou vriendskappe einde altyd in ‘n onenigheid, jou verhouding met jou familie is suur, en dit is altyd dieselfde patroon hoekom dit suur is. Jy doen dinge nog net soos jy dit gedoen het ‘n jaar gelede.


Dan ongelukkig moet jou antwoord nee wees. Ons kan net geestelik groei as ons bereid is om verantwoordelikheid te vat en dinge anders te doen. Daarmee sê ek nie jy is altyd die skuldige nie, dit beteken net dat omdat ons geestelik groei, ons bereid is om die minste te wees, die vredemaker te wees, anders op te tree.


Daarmee saam wil ek met julle deel wat Past Rynier Nolan vanoggend gedeel het. Die bekende Onse Vader gebed is die gebed wat Jesus self vir sy dissipels gegee het. So dikwels moedig ons ons kinders of selfs vriende aan om die gebed te bid as hulle nie weet wat om te bid nie.


Dit kan baie gevaarlik wees. Hoekom? Die gevaar lê in die vers 12 – ‘12en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;’


Matteus 6: 9“So moet julle bid:
“Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;
10laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.
11Gee ons vandag ons daaglikse brood;
12en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;
13en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.
14“As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. 15Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”


Watter gevaar praat hy van? Die gevaar wat baie duidelik in vers 14 aan ons verduidelik word. As jy hierdie frase bid, moet jy almal in jou lewe maklik vergewe. Jy verwag mos dat God jou elke dag moet vergewe ongeag wat jy verkeerd doen. Met hierdie frase belowe jy om soos God te vergewe.


Hoe nou?


Ons kan die bogenoemde net regkry as ons volkome aan God oorgee. In Jakobus 4:7, 10 is die belofte duidelik.


Waarskuwing teen wêreldliefde en hoogmoed


Jakobus 4:1Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie? 2Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op 'n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. 3As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig. 4Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is. 5Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? 6Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy:
“God weerstaan hoogmoediges,
maar aan nederiges gee Hy genade.”
7Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug.8Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars. 9Bekla julle ellende, treur en huil! Laat julle vrolikheid in rou verander en julle blydskap in droefheid. 10Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.


In hierdie gedeelte maan Jakobus ons oor ons selfsug, one eie ek, ons hoogmoed. Hy stel dit baie duidelik dat ons net deur dit af te lê en naby God en in God se wil te probeer lewe die uitdagings in ons lewens sal kan oorbrug. Dit is wanneer ons aan die wêreld met sy dinge bly vasklou wat ons nie kan vergewe nie, wat ons eie ek nie wil sterf en ons God die eerste plek in ons lewens wil gee nie.


Ons Vader se beloftes staan van ewigheid tot ewigheid. Ons moet dit net aanvaar en elke dag vir Sy leiding deur die Gees vra om dit te leef soos reeds vir ons voorgeskryf is in sy woord.


Mag ons almal ‘n begeerte hê om te groei in Christus, om nader en nader aan ons Vader te leef elke dag. Dan sal ons Sy vrede ervaar, al is ons omstandighede ook al wat omdat ons weet ons hoef niks alleen aan te pak nie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Die tong ... jou gevaarlikste wapen

Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...