Blogargief
-
▼
2023
(215)
-
▼
September
(27)
- Wat weerspiëel jou lewe?
- Wat het jy gemaak met die dag
- Geloof ...
- Die son hang
- Dawid, 33 jaar
- Doen wat jy kan, opgee is nie 'n keuse!
- Hoe lyk dankbaarheid?
- Daar is reeds 'n perfekte plan vir jou lewe
- Is jy nie meer werd nie?
- 'n Goeie naam!
- Tel jou woorde
- Sononder in Etosha
- Fokus ...
- Daar is net een Voorsiener
- God alleen voorsien
- Die Gees pleit vir jou
- Lewe van die Dooievlei
- Dans van wind en maan
- God ons HOOP
- Aremoede is rykdom in Christus
- Ek hou jou hand
- Genade is besig om uit te loop.
- Lente in oorvloed
- Hoe gee jy?
- God se planne werk altyd
- God juig oor my!
- Ons Vader sorg
-
▼
September
(27)
Sondag 03 September 2023
Ons Vader sorg
Goeiemôre Vriende,
Ek hoop julle naweek was lekker. Ek verstaan julle het dalk ‘n bietjie koud gekry, maar dit gaan ook weer vinnig oor. Hier in Windhoek is dit heerlike Lente en ons geniet die warm dae na die winter.
Ons is besig om na die einde van die jaar toe te stap. Vir die meeste mense is dit die tyd wat hulle met familie en vriende kuier of met lang vakansie gaan.
Die tye waarin ons lewe is tye waar dit baie keer swaar gaan met mense. Nie net geestelik nie, maar ook finansieel. Alles het duurder geraak, en veral petrol se prys het die hoogte in geskiet.
Om ‘n vader van ‘n huis te wees beteken dat jy die een is wat moet toesien dat daar genoeg is vir jou familie om te gaan vakansie hou. Dit is nie altyd maklik nie en ons dink nie altyd so daaraan nie.
Ons as kinders van God moet egter anders daaroor dink. Julle sien dat ek sê ‘moet’ en nie ‘dink’ nie, want almal van ons dink nog nie so nie.
In Matteus 6, ‘n gedeelte wat ek al van my kinderdae af goed bekend mee is, verseker ons Vader ons dat Hy self vir ons sal sorg. Hy gebruik ‘n beeld waarmee ons as Namakwalaners onsself goed kan vereenselwig. Die een van die natuur. Juis nou as ons so om ons kyk sien ons Sy oorvloed in die veld. Die blomme, die weiding, die veld, die veldkos, alles is in oorvloed.
God verseker ons dat al staan die veld nie so groen en vol blomme nie, Hy steeds vir ons sal sorg. Ons moet ons eerste beywer vir Hom en Sy koninkryk en die res sal Hy voor sorg.
Ongelukkig is dit die laaste ding waaroor ons ons bekommer as ons aan voorsiening dink. Ons begin by waar sal alles vandaan kom? Hoe sal ons dit kan doen? Ons kyk ons vas in ons bankbalans en die stand van ons beursies.
Matteus 6:24
Die sorge van die lewe
(Luk. 12:22-34)
25“Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? 26Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? 27Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng? 28En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie. 29Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. 30As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges?
31“Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. 32Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. 33Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
34“Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”
Het God, jou en my Vader al ooit in ons lewens vir ons gejok? Nee, beslis nie. Nou hoekom bly ons dan op ons eie planne en kragte staatmaak met die een ding wat Hy ons belowe het?
Vriende, vanoggend praat ek uit ondervinding, en getuig dat God getrou is. Wanneer ons met ons Vader begin praat, wanneer ons Hom onvoorwaardelik vertrou vir voorsiening, voorsien Hy!
Ons Vader weet wat ons nodig het, net soos Hy elke dag weet wat elke voëltjie en blommetjie in die veld nodig het. Hy sal voorsien, hy ken ons harte.
Hoekom is ons dan nie almal miljoenêrs nie? Omdat ons Vader weet, dan sal ons nooit na Hom toe kom nie. Dit is die mens. As ons almal teveel geld het, gemaklik lewe, sal ons in ons dwaasheid glo ons het Hom nie nodig nie.
Ons as ouers sal dit goed verstaan. Sodra jy vir jou kind alles gee wat hy of sy wil hê, sien jy daardie kind soms nooit. Hulle is besig met hulle vriende om hulle self te geniet. Maar kyk laat hulle nou net geld nodig het vir iets, dan sal jy vinnig hulle gesiggies sien.
Is dit nie ironies dat ons as grootmense ook so met ons Vader optree nie? Die verskil is net, Hy het ons eerste lief gehad, Hy het sy geliefde Seun, Jesus, aan die kruis laat sterf vir ons, Sy genade is nog elke dag vir ons nuut.
Kom ons bly by ons Vader se voete. Kom ons soek Hom elke dag. Wil jy nie jou kinders se liefde elke dag ervaar nie? Vader God wil ook.
By Marsofine Krynauw
Skryf 'n droom ... Blog van Marsofine Krynauw Skrywer/Digter
at
September 03, 2023

Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Die tong ... jou gevaarlikste wapen
Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...

-
Goeiedag Vriende, Pragtige somersdag in Windhoek, wat die vyand baie hard probeer het om vir my om te krap. Tog het ons Vader net weer inget...
-
Goeiedag Vriende, Ek hoop julle het almal die naweek die blomme geniet. Hier by ons is die weer heerlik, en ons kla nie al weet ons dit is...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking