Blogargief
-
▼
2023
(215)
-
▼
September
(27)
- Wat weerspiëel jou lewe?
- Wat het jy gemaak met die dag
- Geloof ...
- Die son hang
- Dawid, 33 jaar
- Doen wat jy kan, opgee is nie 'n keuse!
- Hoe lyk dankbaarheid?
- Daar is reeds 'n perfekte plan vir jou lewe
- Is jy nie meer werd nie?
- 'n Goeie naam!
- Tel jou woorde
- Sononder in Etosha
- Fokus ...
- Daar is net een Voorsiener
- God alleen voorsien
- Die Gees pleit vir jou
- Lewe van die Dooievlei
- Dans van wind en maan
- God ons HOOP
- Aremoede is rykdom in Christus
- Ek hou jou hand
- Genade is besig om uit te loop.
- Lente in oorvloed
- Hoe gee jy?
- God se planne werk altyd
- God juig oor my!
- Ons Vader sorg
-
▼
September
(27)
Maandag 04 September 2023
God juig oor my!
Goeiemôre Vriende,
Hier by my is dit vanoggend baie vroeg baie bedrywig, want ek verjaar en my volgende boek het uitgekom. Hoe gelukkig en geseend kan een mens wees. Steeds wil ek 'n paar minute neem om hierdie volgende Skrif met julle te deel.
SEFANJA 3:17 AFR83
Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.
Lees hierdie skrif stadig en meer as een maal. Die God wat hemel en aarde geskape het, is vol vreugde oor jou en my! Die God wat niks van ons nodig het nie, maar tog ons liefde vra, is stil tevrede in sy liefde vir ons. Die God wat elke dag vir ons voorsien en ons seen, jubel en juig oor ons!
Ek weet nie van jou nie, maar dit is te groot vir my verstand om in te neem ... nie die buurman of buurvrou, nie die man wat met die Mercedes ry en ons nie raak sien nie, nie die vrou wat neus in die lug by ons verby loop omdat sy dink sy is beter as ons nie, God, Skepper God!
Laat ons vandag hierdie vers lees en verstaan en ons liefde onvoorwaardelik aan Hom gee, Hy is dit oor en oor en oor waardig.
By Marsofine Krynauw
Skryf 'n droom ... Blog van Marsofine Krynauw Skrywer/Digter
at
September 04, 2023

Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Die tong ... jou gevaarlikste wapen
Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...

-
Goeiedag Vriende, Pragtige somersdag in Windhoek, wat die vyand baie hard probeer het om vir my om te krap. Tog het ons Vader net weer inget...
-
Goeiedag Vriende, Ek hoop julle het almal die naweek die blomme geniet. Hier by ons is die weer heerlik, en ons kla nie al weet ons dit is...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking