Blogargief
-
▼
2023
(215)
-
▼
September
(27)
- Wat weerspiëel jou lewe?
- Wat het jy gemaak met die dag
- Geloof ...
- Die son hang
- Dawid, 33 jaar
- Doen wat jy kan, opgee is nie 'n keuse!
- Hoe lyk dankbaarheid?
- Daar is reeds 'n perfekte plan vir jou lewe
- Is jy nie meer werd nie?
- 'n Goeie naam!
- Tel jou woorde
- Sononder in Etosha
- Fokus ...
- Daar is net een Voorsiener
- God alleen voorsien
- Die Gees pleit vir jou
- Lewe van die Dooievlei
- Dans van wind en maan
- God ons HOOP
- Aremoede is rykdom in Christus
- Ek hou jou hand
- Genade is besig om uit te loop.
- Lente in oorvloed
- Hoe gee jy?
- God se planne werk altyd
- God juig oor my!
- Ons Vader sorg
-
▼
September
(27)
Woensdag 06 September 2023
God se planne werk altyd
Môre, môre Vriende,
Wat ‘n wonderlike, heerlike bederfdag het ek nie gister gehad nie. Dankie vir almal se boodskappies, ek het probeer om elkeen persoonlik te bedank, ek hoop nie ek het iemand oorgeslaan nie. Ons Vader het my genoeg seënwense gestuur om vir ‘n jaar te hou en ek is dankbaar.
Werk jou planne? Of werk hulle glad nie?
Ons as mense kinders is baie geneig om ons eie planne vir ons lewens te maak. Baie male werk hierdie planne glad en geheel en al nie uit soos ons dit beplan het nie. Dan staan ons teleurgesteld, soms selfs kwaad.
Ons vra maar hoekom werk alles nie uit nie, ek het dan alles so mooi beplan?
In Romeine 8 word daar ‘n stelling gemaak.
Romeine 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.
Nou mag jy vra, maar my planne het dan nie uitgewerk nie. Dit is juis die probleem. Dit was jou planne. Ons Vader het vir ons elkeen die perfekte plan vir ons lewe. Sy planne misluk nooit. Ons moet vra na Sy plan vir ons lewe, want dit is die regte plan. Ons kan in die versekering leef dat Sy plan dalk nou vir ons glad nie reg vir ons lyk nie, maar glo my Hy sien die groter prentjie vir ons almal en weet wat goed is vir sy kinders.
So wat doen jy nou dat jou plan heel misluk het? Maak jy net nog een waarvan God glad nie deel uitmaak nie?
Nee, ons vra God om ons te wys, ons berusting te gee dat die plan wat Hy vir ons het perfek is vir ons. Ons vra Hom om elke dag vir ons tree vir tree op daardie pad te stap.
Jare van nou af kyk jy terug en sal jy verstom was oor hoe perfek God se plan vir jou is. Hy ken reeds die uitdaging, en struikelblokke en sal jou deur en oor elkeen help as jy net gewillig jou hand in Syne sit.
Werk ons planne uit? Nee, ons planne werk nie uit nie, maar God se planne werk altyd uit.
By Marsofine Krynauw
Skryf 'n droom ... Blog van Marsofine Krynauw Skrywer/Digter
at
September 06, 2023

Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Die tong ... jou gevaarlikste wapen
Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...

-
Goeiedag Vriende, Pragtige somersdag in Windhoek, wat die vyand baie hard probeer het om vir my om te krap. Tog het ons Vader net weer inget...
-
Goeiedag Vriende, Ek hoop julle het almal die naweek die blomme geniet. Hier by ons is die weer heerlik, en ons kla nie al weet ons dit is...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking