Blogargief
-
▼
2023
(215)
-
▼
September
(27)
- Wat weerspiëel jou lewe?
- Wat het jy gemaak met die dag
- Geloof ...
- Die son hang
- Dawid, 33 jaar
- Doen wat jy kan, opgee is nie 'n keuse!
- Hoe lyk dankbaarheid?
- Daar is reeds 'n perfekte plan vir jou lewe
- Is jy nie meer werd nie?
- 'n Goeie naam!
- Tel jou woorde
- Sononder in Etosha
- Fokus ...
- Daar is net een Voorsiener
- God alleen voorsien
- Die Gees pleit vir jou
- Lewe van die Dooievlei
- Dans van wind en maan
- God ons HOOP
- Aremoede is rykdom in Christus
- Ek hou jou hand
- Genade is besig om uit te loop.
- Lente in oorvloed
- Hoe gee jy?
- God se planne werk altyd
- God juig oor my!
- Ons Vader sorg
-
▼
September
(27)
Donderdag 14 September 2023
Lewe van die Dooievlei
In die arms
van die rooiduin kom
lê die Dooievlei gesus
wit soos doodsbeendere
gekenmerk deur die geraamtes
van wat eers bome was
‘n vlei wat se lewensaar
verstop is deur die sand
tog snags as almal
rus
is dit waar die hemel lewe kry
hier oor die dooie pan
die melkweg hand aan die naghemel
met swier
die suiderkruis pryk
helder en duidelik
oor die rooiduin
‘n sterre ontploffing
wat die hemel laat lewe kry
juis hier
hier oor die Dooievlei
hier staan jy stom verbaas
want helaas is dit hier
waar die sterre kies
om nag na nag
uitbundig fees te vier.
© Marsofine Krynauw
By Marsofine Krynauw
Skryf 'n droom ... Blog van Marsofine Krynauw Skrywer/Digter
at
September 14, 2023

Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Die tong ... jou gevaarlikste wapen
Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...

-
Goeiedag Vriende, Pragtige somersdag in Windhoek, wat die vyand baie hard probeer het om vir my om te krap. Tog het ons Vader net weer inget...
-
Goeiedag Vriende, Ek hoop julle het almal die naweek die blomme geniet. Hier by ons is die weer heerlik, en ons kla nie al weet ons dit is...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking