As jy ‘n werkgewer of nemer is, is hierdie vir jou:
In die sweet van jou aanskyn
sal jy jou brood verdien
dit is wat ons in die Woord sien
so ons werk vir ‘n baas
verdra dit as hy gil en raas
swoeg en sweet
verdra al die leed
want sien ons moet mos dankbaar wees
dat ons kan werk om te verdien
sy sakker raak al voller
sy motors al hoe duurder
sy tyd op kantoor ‘n luukse
sy gesig al hoe suurder
meer geld
ek soek meer geld
is wat sy noodkreet is
jou ure raak al hoe langer
jou tyd met geliefdes al hoe minder
jou liggaam afgesloof
jou beloning al hoe minder
jou dienste verkoop hy vir driedubbeld
daarvan kry jy nie eers ‘n kwart
want hy soek meer geld
hy soek ‘n groter huis
hy soek ‘n duurder 4x4
en in sy strandhuis voel hy tuis
jy waag nie kla
want sien jy moet mos dankbaar wees
hy sit mos brood op jou tafel …
maar dit is alles ‘n klug
en so laat ons ons verblind
so hou die baas ons arm
gedweë
bly ons hom goedgesind
want immers is hy die een wat betaal …
die waarheid my vriend
dra ‘n heel ander jas
die waarheid is
jou harde werk hang
aan die baas se bas
jou ure van swoeg en sweet
is alles te vergeefs
want brood en brood alleen
sal jy eet solank jy leef …
terwyl die baas
vet raak van die kaviaar
waarvoor jou sweet betaal
die baas is nie jou baas
dit is ‘n mensgemaakte teorie
net Jesus alleen het betaal
om jou te kan besit
net Hy alleen
het die reg
om jou te hiet en gebied
maar kies om in liefde
jou eerder te seën
kies om saam met jou te dra
aan jou laste elke dag
kies om in alles vir jou te voorsien …
as jy maar net wil ophou
vasklou aan ‘n mensgemaakte leuen
as jy maar net wil
verstaan
dat God alleen voorsien
Hy voor sien vir jou baas in oorvloed
deur die ure wat jy werk
maar gierigheid keer hom
om te seën omdat hy geseën word
en kies hy om almal te kort te doen
sy eie net voller te laat word
dit is tyd dat jy oorgee
kind van God
dat jy onvoorwaardelik glo
in die Een wat werklik
vir jou voorsien
dat jy hoor
wat is Sy plan vir jou
en ophou luister na die leuen
dat enige baas jou voorsiener is …
ons Vader voorsien in oorvloed
as ons oorgee aan Sy wil
as ons glo
die baas is net ‘n middel tot ‘n doel
hou op om te glo
dat ‘n ander mens jou besit
die reg het om jou
tot in jou graf te werk
jou steeds behandel of jy geen waarde het
terwyl sy sakke volle raak
sy gesig rond en vet
van dit waarvoor jy werk …
© Marsofine Krynauw
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking