Blogargief
-
▼
2023
(215)
-
▼
September
(27)
- Wat weerspiëel jou lewe?
- Wat het jy gemaak met die dag
- Geloof ...
- Die son hang
- Dawid, 33 jaar
- Doen wat jy kan, opgee is nie 'n keuse!
- Hoe lyk dankbaarheid?
- Daar is reeds 'n perfekte plan vir jou lewe
- Is jy nie meer werd nie?
- 'n Goeie naam!
- Tel jou woorde
- Sononder in Etosha
- Fokus ...
- Daar is net een Voorsiener
- God alleen voorsien
- Die Gees pleit vir jou
- Lewe van die Dooievlei
- Dans van wind en maan
- God ons HOOP
- Aremoede is rykdom in Christus
- Ek hou jou hand
- Genade is besig om uit te loop.
- Lente in oorvloed
- Hoe gee jy?
- God se planne werk altyd
- God juig oor my!
- Ons Vader sorg
-
▼
September
(27)
Donderdag 07 September 2023
Hoe gee jy?
Goeiemôre Vriende,
Nog ‘n heerlike sonskyn dag in Windhoek, wind stil. Ek was nou-nou in die tuin en die is so lekker om die bytjies, en voëltjies te hoor gesels so tussen die blomme.
So sorg ons Vader vir elkeen van ons, al glo ons dit nie. Vanoggend is my vraag aan jou: Hoe gee jy?
Dadelik hoor ek baie sug en antwoord: Ek het nie eers genoeg vir myself en my gesin nie. Dit mag dalk waar wees van finansies, want ons is mos geneig om dit as ons enigste voorsiening te sien. Tog is dit nie waar nie …
In Matteus 6 waarsku Jesus ons self oor hoe ons moet gee. En gee is geensins net geld nie. Gee kan ook wees om aan iemand van die vrugte aan jou vrugte bome of die groente in jou groente tuin te gee. Gee kan ook wees om vir iemand wat se bankrekening oorloop ‘n oor te wees en te luister, want daardie persoon is dalk geestelik arm, het dalk jou gebede nodig. Gee kan ook wees om vir iemand wat nie vervoer het nie ‘n geleë dorp toe te gee. Of vir daardie oom of tannie wat so eensaam is, en wie se kinders vergeet het van hulle ouers te gaan kuier, met hulle ‘n koppie koffie of tee te drink en te gesels oor die ou dae. Hulle wil so graag praat oor toe hulle ook nog gevoel het hulle was van nut vir iemand.
Matteus 6:1PAS op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.
2Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie 'n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.
3Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,
4sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.
Nou kom ons nadat ons gelees het wat die Woord van gee en hoe ons moet gee sê daarby uit. Ons kan mense flous met ons optrede en ons motiewe, maar nooit vir God nie. Jy moet eers die nood raaksien, en in jou hart met daardie persoon meegevoel hê, voor jy opreg kan gee. As jy net gee om gesien te word, of gee om jouself te laat beter voel, is jy besig om jou tyd te mors. Ons Vader soek mense wat ‘n hart het vir ander se swaarkry. Mense wat dit nie doen vir hulle eie gewin of met hulle eie selfsugtige motiewe nie. Jou gee en omgee moet tot eer van God alleen wees. Daarom hoef niemand daarvan te weet behalwe jy en die persoon vir wie jy help nie.
Verder, dit wat jy gee – of dit tyd, of omgee, of kos, of klere of wat ook al is – dit is mos nie eintlik joune nie. God het jou daarmee geseën dat jy ander wat ‘n behoefte het ook met Sy goedheid aan jou kan seën. Ons is mos sy hande, voete, mond en ore hier op aarde.
Ons eerste reaksie is altyd – ek het self niks! Maar dit is nie waar nie, want ons het almal iets wat iemand anders nodig het. Laat ons vandag ons harte ondersoek, ootmoed daar vind vir iemand wat God op ons pad gestuur het en met ‘n Jesus-gesindheid daardie persoon help deur te luister, deur te bemoedig, deur dit te gee wat ons het en dit is soos jou stem – jou en God se geheim.
By Marsofine Krynauw
Skryf 'n droom ... Blog van Marsofine Krynauw Skrywer/Digter
at
September 07, 2023

Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Die tong ... jou gevaarlikste wapen
Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...

-
Goeiedag Vriende, Pragtige somersdag in Windhoek, wat die vyand baie hard probeer het om vir my om te krap. Tog het ons Vader net weer inget...
-
Goeiedag Vriende, Ek hoop julle het almal die naweek die blomme geniet. Hier by ons is die weer heerlik, en ons kla nie al weet ons dit is...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking