Woensdag 13 September 2023

Dans van wind en maan


Die maan loer wit

agter die vaal duin uit

nie seker of wind

nog sy stofriel dans

wat hy daglank

nie kon laat gaan

maar nou

lê die vlaktes

grys en kaal

geen spoor van wind

se kotteljons

of teken van

die riel daglank getrap

hier oor die vlaktes heen

alles is skielik

onheispellend stil

na son se groet

afwagtend op die nag

maar maan laat hom nie keer

hy moet net sien

waarmee wind hom

heel dag besig hou



dit lyk vir hom of wind

weer heel dag leeg gelê het

tog wil hy hom verbeel

die vaalduin se vorm

is anders

hy lyk so half wind verwaai

en flou gehardloop

voor wind se sterk asem

se nimmdereindigende dans lus

wat niks soms

hier oor die vlaktes kan blus



hy sal so bietjie hier vertoef

tot aandster groet

dan gaan hy op sy eie baan

om saam met die sterre

te gaan dans

tot hanekraai.

©Marsofine Krynauw

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Die tong ... jou gevaarlikste wapen

Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...