Donderdag 07 September 2023

Lente in oorvloed



So met dag se ontwaak

hoor ek die soete area

van voëlgesang

ek hoor hoe hul

nie genoeg kan sê

oor die bloeisels aan die bome

wat met sagte pienk soentjies

perske en nektarien verfraai

‘n uitroep van algehele euforie

volg van die rooikopsuikerbekkie

oor die soete geure

van geel, wit en pers irisblom

maar o jy het net gee idee

hoe heerlik is die nektar op die tong

van die bloureën trosse

met nuwe blom

welriekend en sag op die tong

is hierdie sagte ligpers blom

tog laat bytjie nie op haar wag

sy het ook veel op die hart

ranonkels, pienk, liggroen en wit

anemoon mooi

getooi in wit, pers en rooi

weet jul hoe heerlik hulle nektar is

en ek

ek kyk om my heen

verwonder oor die

kleurespel in vele lente kleure

en sien trotse warmvlak kleur

van die Gerbera wat pronk

in karmosyn

met haar viere kop

en dubbel blom, so pragtig volmaak

by my voete

kan ek nie

die kleure en gelag

van grasangelier en gesiggie mis

tussen dit alles deur

breek daglelie die grond

om haar nuwe lewe

aan te kondig

miskien is sy ‘n bietjie laat

maar dit tog so

dat laaste soms die

kollig steel

terwyl die ander reeds

begin te taan

hier in my lente tuin

is die vreugdes so oorvloedig

die kleure, geure en seëninge

fenomenaal …

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Die tong ... jou gevaarlikste wapen

Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...