Vrydag 02 Februarie 2024

Volhard ...


Goeiemôre Vriende,

Vars, skoon, koel, nat oggend in Windhoek. Hoop daar by julle gaan dit ook goed. Ek weet in dele brand dit verskriklik, daarvoor bid ons vir uitkoms. Ek het selfs foto's ontvang van erge sneeu gister in Citrusdal. Mensdom die klimaat is onderstebo.

So is ons wêreld ook. Wat kan ons daaraan doen? Fisies miskien niks, maar geestelik alles.

Jesaja 40

Laat Israel nie moedeloos wees nie.

27WAAROM sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is vir die Here verborge, en my reg gaan by my God verby?
28Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die Here, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.
29Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.
30Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs;
31maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

Hier in Jesaja al gee God ons sy belofte dat ons nie in ons eie krag hoef te stry of te volhard nie. Want volharding is die ding waarmee ons sukkel.

As ons in ons eie krag stry en stoei en dink, lyk alles vir ons te veel te oorweldigend, maar as ons in God se krag staan, verander die prentjie heeltemal.

Dieselfde God wat in Februarie, somertyd in Citrusdal, sneeu kan stuur, kan ook enigiets anders verander.

Kom ons staan op God se woord, kom ons volhard in Sy krag en blom waar ons geplant is. Kom ons laat toe dat Hy lig is deur ons - nie ons nie, God deur ons.

Mooi naweek en mooi loop.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Die tong ... jou gevaarlikste wapen

Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...