Blogargief
-
▼
2024
(52)
-
▼
Februarie
(20)
- In die skadu van die Allerhoogste
- Groter is Hy ...
- Die Waarheid ...
- Ons identiteit in Christus
- Rentmeesterskap en vertroue
- Jy hoef nie alleen te swoeg nie
- Misbruik ...
- Liefde is 'n leefstyl
- Liefde en familie
- Liefde van ouers en kinders
- Liefde tussen man en vrou
- God se liefde
- Die toppunt
- Ek groet jou, oom Polla
- Volg in Jesus se spore
- Wees gereeds vir die Bruidegom
- Ons vra 'n roos, Hy gee 'n roostuin.
- Slegs in Christus is daar waarde
- Volhard ...
- Vreugde en blydskap
-
▼
Februarie
(20)
Woensdag 07 Februarie 2024
Volg in Jesus se spore
Môre, môre Vriende,
Wonderlike, mooi nuwe dag hier in Windhoek. Ek hoop die hitte is darem nou gebreek daar in my hartland.
Vanoggend wil ek vinnig ‘n gedagte met julle deel oor valse profete. Sondag wat verby is het ons Pastoor daaroor gepraat in die onderwerp ‘Kingdom Objective’. Hy het gepraat oor so baie mense wat deesdae hulself profete en apostels en wie weet wat nog noem en mense met dwaalleringe verlei.
Gisteraand kom kuier my jongste seun vir ‘n koffie by my en hy praat met my oor ‘n vriend van hom wat baie snaakse idees oor die skepping en heelal het en glo dit word so gestaaf in die Bybel. Ek gaan dit nie hier herhaal nie, want dit is eenvoudig net vergesog en beslis nie wat God se woord vir ons sê nie. Tog tree hierdie man aan die anderkant op asof hy ‘n volgeling van Jesus is.
Maar die dinge wat hy verkondig is van so ‘n aard dat dit mense net sal verwar en geen ewigheidswaarde het nie.
Vanoggend kom praat Pastoor Des Wessels oor presies die sulkes en kwoteer die vers in 2 Korinthiers om ons te waarsku.
2 Korinthiers 11:13Sulke mense is vals apostels; hulle gaan oneerlik te werk deur voor te gee dat hulle apostels van Christus is. 14En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as 'n engel van die lig. 15Daarom is dit ook nie snaaks dat sy dienaars hulle voordoen as mense wat die wil van God doen nie. Aan die einde sal hulle kry wat hulle vir hulle dade verdien.
Ons ken almal die ou uitdrukking van: Hy doen hom voor as ‘n wolf in skaapklere. Dit is nou presies wat hierdie is in eenvoudige taal.
Die eerste vraag wat ek altyd vir myself vra as mense video’s oor allerhande apostels en profete aanstuur is, het hierdie boodskap enige ewigheidswaarde of is dit net nog propaganda om mense vrees in te boesem?
Ons moet ons Vader vra vir onderskeidingsgees, elke dag, want daar is oorgenoeg en teveel mense wat eintlik vir die vyand werk en hulle voordoen as werkers vir die koninkryk. Hulle is daar om verwarring te saai, om kinders van God te kry om te twyfel in die waarheid van oor wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het. Om ons te laat twyfel oor die Woord van God wat vas staan.
Hulle is so slim en slinks dat hulle die Woord van God op ‘n heel ander manier vir ons opdis.
Die lank en die kort hiervan is, ons as kinders van die Allerhoogste moet op die Rots staan. Moet seker maak dat ons Sy woord ken, en moet elke dag vra vir onderskeidingsgees. Dan sal ons binne sekondes weet dat dit wat aan ons opgedis word leuens is en nie van God nie.
Kom ons loop oop oë deur die lewe, en maak die woord so deel van ons dat ons die wysheid sal ontvang om te weet wat God se woord is en wat versinsel is om ons net te verwar in hierdie tyd waar ons moet vasstaan.
Jesus het reeds vir ons die spore kom trap waarin ons moet volg, laat ons dan met ‘n vaste tred daarin loop met die Gees as ons Helper en die Woord as ons gids.
By Marsofine Krynauw
Skryf 'n droom ... Blog van Marsofine Krynauw Skrywer/Digter
at
Februarie 07, 2024

Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Die tong ... jou gevaarlikste wapen
Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...

-
Goeiedag Vriende, Pragtige somersdag in Windhoek, wat die vyand baie hard probeer het om vir my om te krap. Tog het ons Vader net weer inget...
-
Goeiedag Vriende, Ek hoop julle het almal die naweek die blomme geniet. Hier by ons is die weer heerlik, en ons kla nie al weet ons dit is...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking