Blogargief
-
▼
2023
(215)
-
▼
November
(26)
- Namakwaland in murg en been
- God se beloftes staan ...
- Gesondheid!
- Liefde teenoor vrees
- Tyd is omgee
- Jou keuse ...
- Hoe doen ons God se wil?
- Spore ...
- Vertrou ...
- Wat is jou verwagting?
- Roos tussen die rotse...
- Lewenswater vir sieledors
- Wees bly vir ander se geluk
- Jy het vergeet!
- Dankbaarheid ...
- Jou gedagtes ...
- Hoor jy ...?
- Wysheid en geloof
- Dankbaarheid
- Wysheid
- Gee om terwyl jy kan.
- Sal jy staan?
- Sonsak oor Kavango
- Vrolike hart ...
- My goud ...
- Die rustigheid van God
-
▼
November
(26)
Donderdag 30 November 2023
Namakwaland in murg en been
Of jy jou eerste asemteug
geneem het
op Vanrhynsdorp, Vredendal of Koekenaap
of jy jou eerste treë gegee het
op Bitterfontein, Nuwerus of Soebatsfontein
of jy sitvlak heel eerste geland het
op die skoolbank in Garies
jou eerste vakansieromanse gesmeul het
daar langs die mond van die Groenrivier
kan jy maar weet
die murg in jou pype
is die
van ‘n Namakwalander
die bloed in jou are
is bont geblom
soos die vlaktes van ons aarde
as die Vader se saadsak
telkens
daar skeur
Hy ons barre aarde kleur
in wit, geel, oranje, pers, en blou
jy weet van die
rys in die miershoop
van die platklip
waar jy jou broek
se sitvlak deur ry
op die botterboom
jy weet van die koekemakranka
se krul-kop
die veldkool
wat soos groenbone smaak
die uintjie en die veldbeet
Jantjie Berends met sy
mooi rooi blom
galbitter, maar wat vir kanker help
jy weet van jakkalse
wat die vee verniel
van droogte
wat die boer laat kniel
van genade water
wat oor die vlaktes uitsak
alles bedek soos ‘n grys gordyn
dit is ons Namakwaland
geen grense of mense
kan ons dit ontneem
dit is diep-diep
in ons siele
ingebrand
en daar sal
die herinnerings vure brand
wat niemand ooit kan blus
waar ons ook al onsself bevind
of ons laaste asem uitblaas.
© Marsofine Krynauw
By Marsofine Krynauw
Skryf 'n droom ... Blog van Marsofine Krynauw Skrywer/Digter
at
November 30, 2023

Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Die tong ... jou gevaarlikste wapen
Liewe Vriende, Ek het julle baie gemis die afgelope dae wat ek sonder ‘n laptop en van die lug was. Ek hoop julle het my darem ook bietjie g...

-
Goeiedag Vriende, Pragtige somersdag in Windhoek, wat die vyand baie hard probeer het om vir my om te krap. Tog het ons Vader net weer inget...
-
Goeiedag Vriende, Ek hoop julle het almal die naweek die blomme geniet. Hier by ons is die weer heerlik, en ons kla nie al weet ons dit is...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking