Dagsê Vriende,
Hier by ons so ‘n
bietjie van ‘n onplesierige oggend met die wind wat waai, maar dit sal ook weer
oorgaan. Miskien is dit juis die wind wat vir ons reën bring, so ek sal dit vat.
Vanoggend is ek dankbaar dat ek rustig was oor my uitstappie Binnelandse sake
toe om my paspoort aansoek in te gee. Alles daar is goed georganiseerd deesdae en ek was werklik
in en uit. Wat sal dit my nou in elk geval gebaat het om my daaroor te
bekommer. My volgende boek is klaar, daaroor prys ek my Vader vir Sy guns en
woorde aan my. So op die Vrydag is alles wel met my siel.
Gister het ons
gesels oor ons gesindheid waarmee ons ding aanpak, vandag wil kyk ons na ons
toekoms verwagting.
Al woon ek in
Namibië, is ek tog bewus van die dinge wat in my geboorteland aangaan. Hoor ek
van die politiek, die kragkrisis, die onregverdigheid, die moord en doodslag en
so kan ek aangaan. Steeds raak dit my nie so naby soos vir elkeen wat daar woon
nie, selfs die wat in my ou Namakwaland woon word daardeur geraak.
Dit is maklik ingetrek
te word by al hierdie dinge, om op die wa te spring en woedend te wees oor die
dinge. Om te voel dat ons land noue op pad is na ‘n gewisse dood en verval.
Weereens is hoe
jy daaroor voel ‘n keuse. Ek hoor jy brom dat jy daar is in die middel van als,
en hoe het jy ‘n keuse.
As jy jou hoop en
verwagting op die land se ekonomie plaas, of die besluite van die regering, of
hoe jou buurman optree, dan my vriend is jy gedoem. Jy sal van vandag na môre
net meer moedeloos word.
Die ander keuse
wat jy het is om op God se woord te beloftes te staan. Om jou toekomsverwagting
op God alleen te stel. Die Een wat weet wat môre en oormôre gaan gebeur.
In Jeremia praat Hy
met Israel, maar ons is ook Sy kinders en Sy volk, so ons kan hierdie belofte
ook vir ons self neem.
Jeremia 31:16So
sê die Here: Bly stil, moenie huil nie,
moenie
trane in jou oë hê nie!
Vir al jou
swaarkry sal jy vergoed word,
sê die
Here,
jou kinders
sal uit die vyand se land terugkom.
17Daar is
'n toekoms vir jou nageslag, sê die Here,
jou kinders
sal na hulle besitting toe terugkom.
Wanneer ons fokus
op ons God bly, die Een wat die Heelal in ses dae geskape het – die hele
Heelal, elke dier, plant, kontinent, see, woude, berge – A L L E S – is ook die
Een wat ons toekoms in Sy liefdevolle hand hou.
As ons na Jesus
se Bergrede gaan kyk vind ons ook daar die antwoord:
Matteus 5:3 “Geseënd
is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die
koninkryk van die hemel.”
Die sleutel wat
die deure van alles in ons lewens oopsluit, is Jesus. Ons voorsiening, ons
guns, ons gesondheid, ons vrede, ons toekoms.
As ons dag vir
dag ons hand in Syne sit, en ons toekomsverwagting op Hom alleen stel, sal ons
staande bly, ongeag die politiek of land se ekonomie.
Jy kan wegtrek na
‘n ander land, maar onthou net dat uitdagings ‘n manier het om saam te trek. Al
hoekom dit so wonderlik klink en lyk vir jou, is omdat jy nie die omstandighede
daar ken soos jy dit in jou eie land ken nie. Elke land het sy eie uitdagings,
sy eie politiek, sy eie goed en sleg.
Dit maak nie saak
wat jou adres is nie, as jy nie jou verwagting op die Een stel wat weet wat
môre inhou nie, gaan dit baie wankelmoedig wees. Gaan jy van dag tot dag voel
asof jy op stormsee op ‘n bootjie is en eendag gaan ‘n brande kom en jou
bootjie gaan sink.
Hoekom wil jy jou
vertroue stel in mense wat jy nie ken nie, nie weet of hulle integriteit het en
jou belange op hulle hart dra nie?
Maar nie in die
Een wat reeds bewys het aan die kruis dat Hy jou liefhet, vir jou omgee, jou
beste belange op Sy hart dra, dat jy toekoms vir Hom so belangrik was dat Hy
daarvoor gesterf het, nie.
Miskien is dit
tyd dat jy bietjie moet gaan dink oor jou keuse, daar is net een keuse om te
maak en die is vir Jesus.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking